Ondersteun 'n 'oue' vir 'n opskop

Ondersteun 'n 'oue' vir 'n opskop

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ons dorp se minderbevoorregte bejaardes is genooi om deel uit te maak van 900 senior burgers wat ‘n gewilde opskop met bekende sangers, in Kaapstad gaan bywoon.

Tolbos se nuwe eienaars, Wayne en Carol Devitt daag alle besighede in Gansbaai uit om R1 000 te skenk vir hierdie grootse projek wat deur Helpende Hand in die Wes-Kaap geloods word.

Dit is die grootste uitstappie wat nog ooit deur Helpende Hand gereël is. 

‘n Bus vol bejaardes vanuit Gansbaai sal die geleentheid kry om die Bakgat Country Opskop in die Kaap te gaan geniet. Plakkate van die opvoering is oral in die dorp te sien.

Anmarie Watney, die vorige eienaar van Tolbos het ook reeds R1 000 bygedra.

Daar is bitter min tyd oor om hierdie heerlike uitstappie vir minder bevoorregtes te befonds.

Bydraers kan Maretha Geldenhuys skakel by 082 805 3964 of ‘n epos stuur na fgbuild@mweb.co.za vir meer besonderhede.

Gun ons oumense ‘n Kaapse opskop - slegs jou bydrae gaan dit moontlik maak! Helpende Hand is ‘n organisasie wat hom beywer vir die voorkoming van armoede en opheffing van armes deur opleiding.

Enige bydrae sal ‘n verskil maak.  Maretha en haar span van Helpende Hand voed en klee daagliks hulpbehoewende mense in Gansbaai.

MvdW

Ondersteun 'n 'oue' vir 'n opskop

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles