60 000 km tot hier

60 000 km tot hier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Jongman van Sjina, Jieming Sun, het onlangs met sy motorfiets in Franskraal aangedoen - ná ‘n rit van sowat 60 000km op ‘n kleine Yamaha Fazer 250cc motorfiets.

Hy het vir ‘n paar dae by Jacques en Elba Tredoux oorgebly. Die egpaar het hom tydens hulle vakansie ontmoet en genooi om in Franskraal by hulle aan te doen.

Jieming wat in Beijing, Sjina gewoon het, waar sy ouers ook is, het later na Shangahai, sowat 1 400km van sy ouers af, verhuis waar hy gewerk het.

‘n Vriend het hom gedurende Junie 2015 genooi om saam met hom met motorfietse deur Europa  te toer.

Hy het die uitdaging aanvaar, maar  na afloop daarvan dadelik besluit om op sy eie  ‘n motorfietsrit na Afrika aan te pak.

“Ek het nie van my werk gehou nie en was na groter uitdagings op soek,” het Jieming gesê. “Ongeag my pa se ontevredenheid en vermaninge, het ek by my besluit gehou.”

Hy het binne ‘n kort tydjie fondse ingesamel en alle reëlings binne net 2 maande gefinaliseer.

Vanaf Spanje is hy en sy motorfiets met ‘n veerboot na Moroko en daarna was dit net hy en sy motorfiets en ‘n rugsak.

Jieming het onder andere ook in Angola en Namibië aangedoen en daarna is hy met die Weskus van Afrika af tot by Vioolsdrift. Daar is hy deur die grenspos na Suid-Afrika.

Die enigste onderbreking wat hy gehad het, was in Windhoek, Namibië. Hy moes vir familieprobleme na Sjina vlieg en het sy motorfiets by ‘n vriend in Namibië gelaat. Na 7 maande het hy teruggekeer en teen middel September 2016 sy motorfietstog voortgesit: Vioolsdrift, Springbok, Paternoster, Kaapstad en Franskraal.

Na sy ontspanne kuiertjie in Franskraal het die avontuurlustige Jieming sy motorfietsrit na Durban voortgesit, vanwaar hy per vliegtuig na Sjina sou terugkeer. Hy sê dat hy geweldig baie gesien en ervaar het, maar ook dat hy baie geleer het.

Jieming het dankbaar vertel dat geen ernstige voorvalle plaasgevind het nie en dat hy oral vriendelik en gasvry ontvang is.

60 000 km tot hier

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles