'n Ken-mekaar aand

'n Ken-mekaar aand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Saterdae se Bbos Plaasmark verg harde werk vir die uitstallers en die organiseerder, Betsie Flippers, sê hulle is so besig dat daar nie tyd is om mekaar beter te leer ken nie.

Dit is dié dat hulle besluit het om ‘n informele, gesellige kuieraand met die stalletjiehouers te reël sodat hulle nie net mekaar se gesigte sien wanneer hulle uitpak en oppak tydens markdae nie, maar die mense agter die produk ook leer ken.

“Die Bbos Plaasmark strewe daarna om kwaliteitprodukte en kontreikos vir uiteenlopende smake voor te berei,” vertel Betsie.

Sy lig graag ‘n klompie gereelde uitstallers uit:

Riaan Jacobs is die mark se kranige fotograaf wat uitstekende werk vir die groep verrig;

Alicia Kemp verkoop die lekkerste “hot smoked trout”, asook “cold smoke” en vispatee van vis wat uit die plaaslike damme in die omgewing kom.

Die Fourie-familie is 'n span wat uithaler gebak lewer - groot en klein pasteie en “vettertjies” van varkvet soos ouma dit gemaak het; Melktert en appelheuningtert is weer Andoline se spesialiteit.

Ove and Meridith, wat met 20 jaar se ondervinding in outydse gebak spog, lewer maandeliks talle verrassings op.

Estelle Paulsen het die wenresep vir die lekkerste Feta olyfsmeer kombinasies denkbaar.

Wintertyd is soptyd en Veronica du Plessis is die kundige met haar mossel- en kerriesop. Sy is ook die groep se gesondheidsdame met ‘n verskeidenheid van gesonde sappe, ingemaakte produkte en  chemiesvrye vogrome.

Karen de Wet is  bekend vir haar “rollmops” vispasteie en ander seekosgeregte, asook ingemaakte produkte.

Sharon en Frans sorg vir worsrolle, sosaties, ‘springrolls’ en ander gebak.

Ilze van Dyk is die “hamburger koningin”, met haar eggenoot, Greeve wat weet hoe om ‘n seekospot bymekaar te sit.

Diane Nortman se handwerk is gehekelde kunswerkies - van 'n deken tot by 'n Bethlehemster!

‘n Verskeidenheid disse van wildspasteie tot by skaapkoppe is weer die spesialisarea van Callie en Mariaan van die Strandveld Pub.

Die volgende Bbos Mark sal  Saterdag, 27 Mei by Strandveld Pub in Baardskeerdersbos aangebied word.

'n Ken-mekaar aand

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles