Vier van Overberg Hoërskool se netbalspelers is in die onderskeie Bolandspanne opgeneem wat aan streekstoernooie in Bloemfontein gaan deelneem.
Die Boland o/18C-span speel van 16-20 Julie 2017 met Jeanri Albertyn en Anje Delen wat deel uitmaak van die span.
Die Boland Shiraz o/14-span speel van 5-9 Julie 2017 met Denay Benjamin en Zi King as spelers.