Gansbaai Academia kon tydens verlede week se sportwedstryde spog met meer wen - as verloortellings. Die uitslae is soos volg:
Woensdag, 17 Mei
Gansbaai Academia speel tuis teen Hawston Sekondêre Skool.
Netbal:
- o/14 gelykop 6-6
- o/15 verloor 13-8
- o/16 wen 12-4
- o/19 verloor 35-7
Rugby:
- o/15 wen 27-19
- o/16 wen 26-10
- o/19B verloor 19-16
- o/19A wen 12-8
Saterdag 20 Mei
Hokkiewedstryde teen Hermanus Hoërskool: o/19 meisies verloor 3-1; o/19 seuns wen 1-0. Van Gansbaai Academia se spanne is genooi om Saterdag, 28 Mei aan die Curro Sportdag in Hermanus deel te neem. Gansbaai Academia kom Woensdag, 31 Mei in 'n tuiswedstryd te staan teen Groenberg Sekondêre Skool.
Skaak
Vyf van Gansbaai Academia se skaakspelers het gedurende die naweek van 12-14 Mei 2017 aan die Individuele Skaak Kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem. Die spelers het baie goed gevaar, maar kon ongelukkig nie daarin slaag om in die Westelike Provinsie se span opgeneem te word nie.