Geelbekgat

Geelbekgat

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jy gaan Holbaai verby en dan deur die Clyde. Aan jou linkerkant, grensend aan die strand lê Geelbekgat. Die naam spreek vanself. Wanneer die geelbek aan die loop gaan is dit een plek wat jy nie kan oorsien nie. Die ideale ding om te doen is om die regte aand te kies, wat sal behels ‘n volmaan, om die behoorlike beligting te besorg, met die wind wat saamspeel. Aangesien jy omtrent die hele aand daar gaan deurbring, maak seker dat die weer ook die volgende oggend aanvaarbaar is. Maak gebruik van ‘n bemanning wat hulle ding ken en wat ‘n aand op see gewoond is. Hengel is mos maar hengel en as die vis besluit om op daardie aand nie te byt nie, kos dit vasbyt!

Ek het van my beste tye daar beleef en die aantal mooi geelbek sal my altyd bybly. Wanneer Holbaai produktief is en die kabeljou is aan die byt, is die kanse groot dat jy ‘n variasie van visse sal vang, wat dit nog meer interessant maak.

Dit behoort in die laatmiddag te wees wanneer jy daar aankom en die bamboes met plek-plek hengelgate tussenin wat jy gaan opsoek, lyk altyd belowend en jy begin loer na jou gereedskap en of die aas in orde is. Niks van klein hoekies op hierdie aand nie en ‘n no 10 sal doen, met ‘n no 13, net vir geval die ou groot bulle loop, byderhand. Daar sal heel moontlik ook ‘n paar ander bote lê en met almal wat hul eie plekkie bespreek het, lyk dit heel aangenaam en jy begin opgewonde raak. Indien jy jou ding ken is jou lyne reeds opgemaak om die ou grotes aan te keer. Jy kry tog tyd om op te let wie almal daar is en wie waar lê. Dit help nogal om te sien dat daar ook heelwat kommersiële bote is. Hulle lê nie daar vir spek en boontjies nie!

Die dag begin einde toe staan en julle het reeds anker gegooi en met vars sardyn en ook tjokka is jou kanse goed, weet jy. Almal het ‘n lig byderhand en is voorbereid vir ‘n aand wat nogal koud kan word. So 10-uur die aand is daar skielik lewe - jy hoor die geklap van ‘n visstert wanneer hy in die laatjie ingetrek word. Die aksie gaan begin! Dis ook nie lank nie of een van die “crew” slaan vas en hy trek ‘n monster van ‘n geelbek in. Dan, soos geelbek gewoonlik reageer, is die vis ook by jou en nog ‘n man slaan vas.

Daar is min dinge wat jou dieselfde genoegdoening gee as ‘n aand by Geelbekgat wanneer die geelbek en kabeljou saam partytjie hou. Eers die volgende oggend met die son wat nog moet uitbreek, besluit die skipper, sementpad toe. Dis plekke soos hierdie wat uitstaan bo ander en waarna jy altyd sal hunker. Baie groete, Seemeeu   

Geelbekgat

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Horticulture Students Learn Power Tool Safety

Horticulture Students Learn Power Tool Safety

The Horticulture Skills students enjoyed a power tool demonstration by Husqvarna...

Grootbos Foundation
Living Rich: The Power of Self-Love

Living Rich: The Power of Self-Love

Make your goal one of Living Rich.

Summer Finds at Komtessa Boutique!

Summer Finds at Komtessa Boutique!

Beautiful styles, beautiful pieces and everything you need to add a little something special to your summer wardrobe.

Komtessa Boutique
LEARN TO PRIORITISE YOU

LEARN TO PRIORITISE YOU

Learn to prioritise you - commit to yourself.

Empowering Youth Through Education, Sport and Life Skills

Empowering Youth Through Education, Sport and Life Skills

One of our job pathway programmes begins in the Life Orientation classes of 2 local high schools...

Grootbos Foundation
HOME AFFAIRS MOBILE UNIT DATES: SEPTEMBER 2026

HOME AFFAIRS MOBILE UNIT DATES: SEPTEMBER 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be visiting various communities across the Overstrand during September...

See All Articles