Black Leaves gryp behoorlik na wind

Black Leaves gryp behoorlik na wind

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

SAFCOL van Grabouw het Black Leaves verlede Saterdag behoorlik die loef afgesteek deur met ‘n punteverskil van meer as 40 te wen.

Dit het diep wonde gelaat en daar word hard daaraan gelek.  SAFCOL op hul tuisveld het behoorlik baljaar en die Baai van hul voete afgehardloop, soveel so, dat die punte wat die Baai begin aanteken het SAFCOL  glad nie bekommerd gehad het nie.

Dit was duidelik met die lostrio van SAFCOL se oorheersing dat Black Leaves nie veel toegelaat is om rugby te speel nie. Na bykans 15 minute het SAFCOL eerste begin bloed ruik toe hulle No 8 deurbars en hul flank telke male ook so maak.

Toe SAFCOL alreeds in die eerste helfte hul bonuspunt drie druk, het dit begin nag raak vir die Baai.  Dit is goed gekondisioneerde spanne in hierdie kompetisie en Black Leaves sal weier om te wil bes gee met die bekendheid daarvan dat hy sal opstaan en beter reken-skap van homself gee. 

Daar is nie nou ander tyd as die tweede rondte om alles reg te maak nie. In die hele wedstryd teen SAFCOL het Black Leaves nooit die handdoek ingegooi nie en het self ook sprankelrugby gelewer.

Sameul Phetoe (Baca) het besluit om sy hart uit te speel en was dan ook benoem as Speler van die Span.

Die span se nederlaag het hulle geensins afgesit nie en hier veral het Enwill Hickley stewig vertoon somtyds in die middelveld en selfs Evon Visser het uitgestaan met goeie breekslae, maar SAFCOL het geen spasie gelaat vir  afronding nie.

Om Botrivier hierdie naweek (3 Junie) te gaan aandurf sal die Baai uit die as uit moet opstaan en hulle afstof en regruk om weer te kan presteer vorentoe.  Dit is wanneer die tweede rondte begin en “hoor hier” niemand kan nou bekostig om ‘n enkele wedstryd te verloor nie. 

Operasie Regruk is volstoom aan die gang.

Sportgroete

So sê Bra ‘G’

Black Leaves gryp behoorlik na wind

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles