Rolbalklub is bedrywig

Rolbalklub is bedrywig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Afrigting vir hulpafrigters

Ses Franskraal rolballede het Vrydag, 22 Mei 2017 ‘n afrigtingskursus deurloop om as hulpafrigters, Vlak A te kwalifiseer.

Die kursus is deur Marina van Wyk van Swellendam aangebied. Marina is ‘n geakrediteerde nasionale afrigter van Rolbal Suid-Afrika.

Die kursus het veral op die volgende gefokus: balhantering, korrekte staanposisie, balaflewering en spelroetine.

Die kandidate het geleentheid gekry om mekaar se balaflewerings te beoordeel en foute te korrigeer.

Wenke is ook verskaf oor asemhaling, konsentrasie en fokus - en dit was sommer ook ‘n aangename en gemaklike spanbougeleentheid.

Nuwe lede is welkom om by Franskraal Rolbalklub aan te sluit. Die kontaknommer is 082 468 8765.

Besigheidstoernooi

Die jaarlikse besigheidstoernooi tussen verskillende sakeondernemings het in ‘n goeie gees, maar met groot opgewondenheid plaasgevind.

24 spanne het oor ‘n tydperk van 4 weke deelgeneem. Uiteindelik het die span van J&A Sementwerke gewen, met Eldo as kaptein saam met Theo, Arrie en Karlo en Arhcie Chambers as spanbestuurder.

Wenners speel in Worcester

Die besigheidstoernooi se wenspan het Saterdag, 20 Mei 2017 in Worcester gaan deelneem waar 18 spanne van verskeie Boland Rolbalklubs deelgeneem het.

J&A Sementwerke van Franskraal het baie goed in die kompetisie gevaar.

Die spelers het die dag baie geniet en goeie vriendskapsbande is gesmee.

Worcesterklub het uitgehang om almal met brood en beskuit voor wedstryde tuis te laat voel.

Die dag is afgesluit met prysoorhandigings, ‘n braaivleis en lekker wedstrydgeselsies.

Die spelers sien gretig uit na volgende jaar se besigheidstoernooi.

Rolbalklub is bedrywig

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles