Overberger is W-K Jongboer van die Jaar

Overberger is W-K Jongboer van die Jaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Vee- en graanprodusent uit die Overberg is die Wes-Kaap se nuwe Jongboer van die Jaar.

Johann Nel van Hoëkraal Landgoed naby Swellendam is Woensdagaand, 24 Mei 2017 tydens ‘n glansgeleentheid in Durbanville as die Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die Jaar 2017 aangewys.

Johann boer al vir agt jaar op Hoëkraal Landgoed met Jersey-koeie, Dohne Merino’s, boerbokke, kuilvoermielies, hawer, saadkoring, gars en ontbythawer.

“In my oë is vandag se jongboere innoverend, passievol, doelgerig en probeer hulle deurentyd verbeter en vernuwe op die ongelooflike fondament en voorbeeld van boerderypraktyke wat die vorige generasies en leermeesters gelê het,” het Johann gesê.

“Die jongboer speel ‘n baie groot en waardevolle rol in ons land se voedselketting om genoegsame, goeie kwaliteit voedsel in die voortdurende aanvraag daarvan te produseer, in ‘n konstante veranderlike omgewing met beperkte hulpbronne.”

Hy het ook gesê sy bestuurspan en arbeidsmag is sy belangrikste bate, met sommige werkers wat hul lewe lank op die plaas is.

Johann beskou dit as ‘n voorreg om elke dag so nou en in afhanklikheid met God se skepping te kan werk. “Boerdery is vir my die mees gesonde, dienende en nederige werk om te verrig. Buiten die genoegdoening en bevrediging wat ek uit boerdery haal, is dit wonderlik om te kan weet ek verskaf werk aan broodwinners en help dat hulle ‘n goeie huis en kos op die tafel aan hulle familielede kan voorsit.”

Die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Carl Opperman, het Johann met die prestasie geluk gewens. “Elke jaar wys die kompetisie vir ons die jongmanne kom plaas toe met nuwe ywer, hulle gryp tegnologie aan, maak ‘n verskil en sien ‘n toekoms,” het hy gesê.

Gedurende Oktober vanjaar sal Johann aan die Nasionale Agri SA Toyota SA Jongboer van die Jaar kompetisie deelneem, waar hy teen die wenners van die ander provinsies te staan sal kom.

Overberger is W-K Jongboer van die Jaar

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles