Geraamtes is Piet Walvis se tydverdryf van jongs af

Geraamtes  is Piet Walvis se tydverdryf van jongs af

Gansbaai Courant

Menige voetgangers en verbygaande motoriste het seker al die vreemde gestalte in Barnardstraat opgemerk wat lyk soos ‘n groot bruin vlermuis en gewonder wat dit is.

Die antwoord is: die kop van ‘n walvisgeraamte.

Wat daar aan die gang is, is die nuutste hoofstuk in ‘n proses wat goed 40 jaar gelede in die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad begin het en die man wat dikwels daar aan die werskaf gesien word, is  Pieter Pretorius.

Buitengewone tydverdryf

Hy is meer algemeen bekend as die man wat die walvisgeraamte opgehang het aan die dakbalke van die Great White House op grond waarvan hy gemoedelik herdoop is tot Piet “Walvis”.

Piet se opgang van vindingryke Paarlse skoolseun uit die sestiger jare, was sy buitengewone tydverdrywe.

Dit is wat hom ’n mate van aansien en berugtheid verwerf het. Sy meganiese belangstelling het talle ou fietse, motors en allerhande vindingryke informele vuurwapens behels.

Daarbenewens het hy ook oor besondere tekengawes en ‘n buitengewone sin vir kleur en vorm beskik.  In 1969 met Piet in St 9, is hy aangespoor deur ‘n biologie-onderwyser om modelle van dinosourusse te maak en dit te gaan voorlê aan die Suid-Afrikaanse Museum.

Die destydse direkteur, wyle dr “Fuzz” Crompton het sy modelle bekyk en vir Piet gesê, “Jy moet dadelik vir my kom werk.”

Piet het geprotesteer dat hy eers matriek moes afhandel, maar Crompton het aangedring, “Ek het jou NOU nodig!” Piet het  ondanks sy ouers se bedenkinge dan en daar begin werk en nooit berou gehad oor sy besluit nie. Benewens die talle walvis- en dolfyngeraamtes in die SA Museum se drieverdieping “Whale Well”, het Piet deur die jare ook hordes bokke, kleiner soogdiere, voëls, visse en reptiele gemonteer.

Van sy handewerk was ook lank sigbaar in die berugte dioramas waar afgietsels van lewende Khoi- en Sanmense in ‘n natuuromgewing uitgestal is. Daardie uitstalling is egter intussen verwyder teen die agtergrond van die Nuwe Suid-Afrika se etniese sensitiwiteit.

Gansbaai

Nadat Piet die museum na baie jare verlaat het, het hy kennis gemaak met Wilfred Chivell, wat toe al van Piet se vermoëns geweet het. Piet is gewerf om die proses te volg waardeur die karkas van ‘n jong noorkapperkoei, wat in die duine bokant die Gruis begrawe gelê het, verander is in die indrukwekkende geraamte wat vandag in die Great White House (saam met twee dolfyne) hang. Pieter het ook onder meer die metershoë pikkewynstandbeeld gemaak voor die skuiling waar bedreigde waggelaars verpleeg word totdat hulle weer hulle ekosisteem op Dyerseiland kan gaan bevolk.

Namibië

Om terug te keer na die walvisskedel voor Piet se huis: dit vorm deel van ‘n heel nuwe opdrag wat Piet (op grond van die Great White House-geraamte) intussen ontvang het van ene mnr Angel Tordesillas, bestuurder en eienaar van die bloeiende Pescanova-vissery in Namibië. Die skedel is maar slegs die begin van ‘n boggelrugwalvis se geraamte van meer as nege meter wat bestem is vir die nuwe “Waterfront” in die ou hawe van Luderitz, wat benewens ‘n swembad, boetieks en restourante, onder meer ook met ‘n hotel en ‘n wêreldbekende versameling modelseilbote  sal kan spog.

Geraamtes  is Piet Walvis se tydverdryf van jongs af

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles