Geraamtes is Piet Walvis se tydverdryf van jongs af

Geraamtes  is Piet Walvis se tydverdryf van jongs af

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Menige voetgangers en verbygaande motoriste het seker al die vreemde gestalte in Barnardstraat opgemerk wat lyk soos ‘n groot bruin vlermuis en gewonder wat dit is.

Die antwoord is: die kop van ‘n walvisgeraamte.

Wat daar aan die gang is, is die nuutste hoofstuk in ‘n proses wat goed 40 jaar gelede in die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad begin het en die man wat dikwels daar aan die werskaf gesien word, is  Pieter Pretorius.

Buitengewone tydverdryf

Hy is meer algemeen bekend as die man wat die walvisgeraamte opgehang het aan die dakbalke van die Great White House op grond waarvan hy gemoedelik herdoop is tot Piet “Walvis”.

Piet se opgang van vindingryke Paarlse skoolseun uit die sestiger jare, was sy buitengewone tydverdrywe.

Dit is wat hom ’n mate van aansien en berugtheid verwerf het. Sy meganiese belangstelling het talle ou fietse, motors en allerhande vindingryke informele vuurwapens behels.

Daarbenewens het hy ook oor besondere tekengawes en ‘n buitengewone sin vir kleur en vorm beskik.  In 1969 met Piet in St 9, is hy aangespoor deur ‘n biologie-onderwyser om modelle van dinosourusse te maak en dit te gaan voorlê aan die Suid-Afrikaanse Museum.

Die destydse direkteur, wyle dr “Fuzz” Crompton het sy modelle bekyk en vir Piet gesê, “Jy moet dadelik vir my kom werk.”

Piet het geprotesteer dat hy eers matriek moes afhandel, maar Crompton het aangedring, “Ek het jou NOU nodig!” Piet het  ondanks sy ouers se bedenkinge dan en daar begin werk en nooit berou gehad oor sy besluit nie. Benewens die talle walvis- en dolfyngeraamtes in die SA Museum se drieverdieping “Whale Well”, het Piet deur die jare ook hordes bokke, kleiner soogdiere, voëls, visse en reptiele gemonteer.

Van sy handewerk was ook lank sigbaar in die berugte dioramas waar afgietsels van lewende Khoi- en Sanmense in ‘n natuuromgewing uitgestal is. Daardie uitstalling is egter intussen verwyder teen die agtergrond van die Nuwe Suid-Afrika se etniese sensitiwiteit.

Gansbaai

Nadat Piet die museum na baie jare verlaat het, het hy kennis gemaak met Wilfred Chivell, wat toe al van Piet se vermoëns geweet het. Piet is gewerf om die proses te volg waardeur die karkas van ‘n jong noorkapperkoei, wat in die duine bokant die Gruis begrawe gelê het, verander is in die indrukwekkende geraamte wat vandag in die Great White House (saam met twee dolfyne) hang. Pieter het ook onder meer die metershoë pikkewynstandbeeld gemaak voor die skuiling waar bedreigde waggelaars verpleeg word totdat hulle weer hulle ekosisteem op Dyerseiland kan gaan bevolk.

Namibië

Om terug te keer na die walvisskedel voor Piet se huis: dit vorm deel van ‘n heel nuwe opdrag wat Piet (op grond van die Great White House-geraamte) intussen ontvang het van ene mnr Angel Tordesillas, bestuurder en eienaar van die bloeiende Pescanova-vissery in Namibië. Die skedel is maar slegs die begin van ‘n boggelrugwalvis se geraamte van meer as nege meter wat bestem is vir die nuwe “Waterfront” in die ou hawe van Luderitz, wat benewens ‘n swembad, boetieks en restourante, onder meer ook met ‘n hotel en ‘n wêreldbekende versameling modelseilbote  sal kan spog.

Geraamtes  is Piet Walvis se tydverdryf van jongs af

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles