'Sondonnertjie' met goeie wyn

‘n 'Sondonnertjie' (“sundowner”) wat verlede Woensdag deur ‘n paar van Gansbaai Wynproegilde se lede gereël is, moes tevrede wees om hul drankies te geniet sonder die afgelope paar weke se asemrowende  sonsondergangsbeelde. Die bewolkte weer het egter nie afbreek gedoen aan  die geselligheid wat by Wally en Marietjie van Coller se huis in De Kelders plaasgevind het nie. Só ‘n ou kleinigheidjie kortwiek beslis nie ‘n wynproewer om ‘n goeie wyn te geniet nie. Voor van links staan Adri Latsky, Molley van der Colff, Anita Botha en Marietjie en Wally. Agter glimlag Nico Latsky, Johan van der Colff, Libet en Smartie Genade en Nelleke Ferreira.

Voor van links staan Adri Latsky, Molley van der Colff, Anita Botha en Marietjie en Wally. Agter glimlag Nico Latsky, Johan van der Colff, Libet en Smartie Genade en Nelleke Ferreira.
GansbaaiCourantNew_1497008787