Naamlose hardebaard

Naamlose hardebaard

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir die wat  resorteer onder “ouer mense” en al ’n pad saam met die Hardebaarde geloop het, sal dit glad nie snaaks wees om te verneem van hierdie manne se baie fasette nie.

Dit was nie vreemd om te hoor dat jy nie sukkel met hulle nie en as daar die slag pêrre kom, liewer ‘n ander pad te loop dat hulle maar self die ding uitsorteer. Is dit nie maar die doodgewone ou se idee van hoe ‘n man moet wees nie? Hierdie ouens het, wanneer daar die dag see toe gegaan word, blykbaar nie nonsens verdra nie en ook nie sommer ‘n ander man se draadwerk gevat nie.

Ons praat darem van ‘n paar jaar terug toe Gansbaai nie so woelig was nie en die Hardebaarde koning gekraai het.

Intussen het ouderdom ‘n verskil gemaak en ook die feit dat van hulle nie meer saam met ons is nie.

Van die ouens is darem nou ook nie so oud nie en as jy oplet sal jy hulle wel raaksien.

Kyk maar vir daardie reguit kyk  en daar is die houding wat jou, wanneer dit nodig blyk te wees, liewer om die man laat loop.

Jy kan dit maar glo, hierdie ouens soek nie vir nonsens nie, maar sal tersefdertyd ook nie sommer anderpad kyk nie. Laat die ouderdom nie vir jou bepalend wees nie, menige ou het hom al self hiermee verneuk. Maar glo my, van hulle is nog met ons en gaan nog vir ‘n lang ruk hulle ding doen.

Ek wil graag, sonder om name te noem, een van hierdie Hardebaarde as voorbeeld noem.

Die eerste keer toe ek hom ontmoet het, het hy op die hawe in sy bakkie gesit en see in getuur. Ek het nader geloop en gevra of die manne darem vis vang. Mos nie ‘n snaakse vraag nie! Hy het sy kop so stadig na my gedraai en ontkennend geantwoord.

Toe volg ‘n paar woorde wat ek eers in die woordeboek moes gaan naslaan en dit alles net omdat ek nie geweet het die vis is so min nie.

Maar hy was nie werklik kwaad nie, ons het tog lekker gesels, hoewel ek heelwat versigtiger was!

Ek het hom later baie beter leer ken.

‘n Beter skipper sal jy nie kry nie en ek sal hom altyd beskou as iemand wat ek, of enigiemand anders, jou lewe op see aan kan toevertrou. Ek het eenkeer by Franskraal op die wal gesit en hom dopgehou hoe hy met sy boot in baie rowwe water probeer kabeljou vang.

Ek het ook baie by hom geleer. Op my vraag hoe hy met die weer so onstuimig nog steeds Holbaai toe gaan, het hy vir my uitgewys op watter kol by die hawe die water tog kalmer is en  hy daarom weet dis veilig vir hom en sy bemanning. Hierdie manne moet jy waardeer.

Groete,

Seemeeu 

Naamlose hardebaard

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles