Hugo Groenewald was baie trots om Saterdag se opwindende Bonus Bogey op Gansbaai se gholfbaan met 3+ in te palm.
Woensdag se sloegterskompetisie is gewen deur Piet du Toit met 40 punte, gevolg deur Dicky de Kock 40, Johan Coetzee 38, Sextus Neethlingh 35, Hennie Gerber 35, Hugo Groenewald 34, Leon Lombaard 33, Solly Wessels 33, Daan Victor 33 en Dawie Viljoen 33.
Naaste aan die penne was Solly Wessels op no’s 2 en 11, Dicky de Kock op no’s 8 en 17 en Piet du Toit op no 15. Andre Roos teken ‘n spog twee aan op putjie no 11.
Vrydag se OK Foods nege putjie kompetisie is gewen deur Richard Bentz met 21 punte, gevolg deur Solly Wessels 19, Andre Roos 19, Hennie Kriel 17, Koos Myburgh 16 en Leon Lombaard 16.
Leon Hattingh teken ‘n spog twee aan op putjie no 15.
Saterdag se kompetisie was ‘n Bonus Bogey en die wenner was Hugo Groenewald met +3, gevolg deur Rene Myburgh -1, Etienne Engelbrecht -3, Leon Hattingh -3, Pierre Pieters -3, Solly Wessels -6, Frannie van der Linde -6, Koos Myburgh -7 en Niel Harrison -9.
Naaste aan die penne was Leon Hattingh op no’s 2 en 11 en Niel Harrison op no’s 8 en 17.
Die Ligaspan het Swellendam met 3.5 teenoor 2.5 geklop. Die trotse span het bestaan uit Daan Victor, Johan Coetzee, George Hunt, Pieter Loubser, Melvin Tobias en Andre Roos.
Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Houespel.