Water is steeds min - doen meer met min

Water is steeds min - doen meer met min

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die ergste droogte wat die Wes-Kaap in die afgelope 95+ jaar beleef, wys dat water nie ‘n gegewe is nie.

Tydens verlede week se waterberaad by Goudini, het kundiges uitgewys dat, met klimaatsverandering en demografiese verskuiwings in die land, die Wes-Kaap die volgende twee dekades 30% minder water gaan hê as waaraan die provinsie gewoond is.

Dit beteken water wat deur die ekologie, landbou, stede en dorpe gedeel moet word,  anders benut moet word om meer gedoen te kry met minder water.

Wat die huidige droogte-krisis betref: sou die damme aan die einde van hierdie reënseisoen net 30% vol wees, gaan die Wes-Kaap volgende jaar ‘n groter krisis hê as wat tans die geval is; sou die damme net 50% vol wees, gaan die huidige krisis homself net herhaal.

Die Wes-Kaap het nodig dat die damvlakke aan die einde van die komende reënseisoen op minstens 85% staan.

Die droogte is nie gebreek wanneer ‘n dam vol is nie. Aquafers en grondwatervlakke is laag en moet eers aangevul word, daarom is etlike seisoene se reën, sneeu en koue nodig om terug te kom in ‘n gemaklike situasie.

Die uitwerking in die Wes-Kaap op langtermyngewasse wat vir produksie van water afhanklik is, gaan ‘n ekonomiese knou vir daardie gewasse wees, wat ‘n domino-uitwerking gaan hê op investering, werkskepping, voorsiening aan die waardeketting en ekonomiese groei.

Dit wys weer eens dat die land ‘n dringende waterplan nodig het wat nie polities gedryf word nie, maar wat ekonomies gedryf word vir ekonomiese groei en wat rampe soos vloede en droogtes sal kan bestuur.

Agri Wes-Kaap doen ‘n dringende beroep op elke landbouprodusent, plaaswerker, landelike bewoner en stedeling om saam te werk om ons skaars waterbronne te bestuur en saam deur die krisis te kom sodat die Wes-Kaap weer vooruit kan gaan.

Water is steeds min - doen meer met min

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles