Talentvolle seeman bou nou modelbote

Talentvolle seeman bou nou modelbote

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Geen behoorlike bootplanne nie - net “prentjies” (foto's) en siedaar - Andries Lombard (71) van Kleinbaai bou sy perfekte modelboot en monteer dit in ‘n glaskas.

Sò maklik is dit darem ook nie. Andries maak deeglike studies van elke toeka-se-boot, veral seerowerbote, se geskiedenis wat hy wil bou, ingesluit die kaptein en waarvoor die boot gebruik is.

Dan begin die groot werk: ‘n Voorlopige skets vir hoogtes, lengtes en breedtes word geteken, dan trek hy sy eie bouplanne op en begin eers met die romp van die boot, wat die maklikste is. “Amerika wil nie die planne beskikbaar stel nie, dus moet ek dit self optrek,” vertel Andries. “Die enigste nadeel is dat die fynere detail, veral op die dek van die boot, nie presies en  volgens skaal gebou kan word nie.”

Na die romp, volg die fynere detail waarna hy verwys: Elke item op die dek van die boot, die takelwerk en die seile word met die hand vervaardig.

Andries verkies om alles eers uit hout te vervaardig, soos onder andere die kanonne (swivel guns), dan maak hy gipsafdrukke en dan volg die finale produk, terwyl hy net sy eie gereedskap vir alles gebruik.

Vanaf 1970 het Andries al sowat 15 verskillende groot bote gebou, waarvan sowat 10 in glaskaste gemonteer is.

Sy belangstelling kom vanaf sy beroepsjare op bote. Andries het sy beroepslewe op die destydse Seevisserye se patrolliebote in Gordonsbaai begin. Eers as Seeman waar hy dekke moes skrop, later as masjinis (drywer) en nog later as senior masjinis.

Hy het op die patrolliebote Wagter, Protector en Pelagus gewerk. 

“Op 50-jarige ouderdom het ek besluit om die pakket wat my aangebied is, te aanvaar sodat ek voltyds, asook kommersieel, vanaf my eie boot kon gaan visvang,” vertel hy.

Sy “eie” boot (en daar was meer as een) waarna hy verwys, was glasveselbote wat hy ook eiehandig vir homself gebou het. 

Andries is vir die afgelope 15 jaar ‘n Gansbaaier, maar kom reeds vir die afgelope 50 jaar hierheen - “toe was hier nog bykans niks nie en ook net grondpaaie.”

Van sy gunsteling bote wat hy al gebou het, is die Cutty Sark, die Adventure Galley van kaptein William Kit (1695), die Alibama en die Columbo van Vasco da Gama.

“Die Adventure Galley is in Engeland gebou en die Amerikaners het dit later as ‘n oorlogskip gebruik,” vertel Andries.

 “Daarna is die boot na Frankryk gestuur waar dit binne ‘n uur gesink is.”

Die bekende Alibama het gereeld in Kaapstad aangedoen, vandaar die liedjie, Daar kom die Alibama.

Andries werk sowat ‘n jaar aan ‘n boot, hoewel nie elke dag nie, maar soos wat hy tyd daaraan kan afstaan. Sy laaste boot het hy verlede jaar voltooi.

Deel van Andries se kennis en idees van bote, kom uit sy ou en kosbare versameling van sowat 15 skeepsboeke, byna soos ‘n stel ensiklopidieë.

Hy vertel dat hy die boeke destyds teen R21 per eksemplaar maandeliks deur die pos ontvang het en so bymekaar gemaak het.

Dit is ‘n belewenis om deur die boeke te blaai.

Die stel boeke bestaan uit ‘n verskeidenheid van toeka se skeepskategorieë, vanaf handelsbote tot by seerowerbote.

Voorbeelde is onder andere: The Pirates, The Windjammers, The Explorers, The Seafarers, The Racing Yachts, The Clipper Ships, The Ancient Mariners, The Explorer Ships en veel meer.

Dit wat Andries al vir soveel jare as ‘n stokperdjie be-oefen, mag na harde werk klink, wat dit weliswaar ook is.

Om egter ‘n besoek aan hierdie talentvolle man te bring, vertel net een verhaal: toeka se seevaarders en hulle bote is sy liefde, sy lewe en sy alles!

Talentvolle seeman bou nou modelbote

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles