Eddie Barnard en sy klawerbord is soos vinkel en koljander

Eddie Barnard en sy klawerbord is soos vinkel en koljander

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Onafskeidbaar, sinoniem, ‘vasgemaak’ - dít en veel meer kan van die 75-jarige Eddie Barnard van Franskraal en sy klawerbord, sang, kitaar en ook sy mondfluitjie gesê word, maar veral van hom en  sy klawerbord.

Hierdie talentvolle musikant is reeds vir jare alombekend tydens dorpsfeeste, funksies, verjaardae - gewoonlik tussen die garde van  80 jaar en ouer! - en basaars op beide Gansbaai en Hermanus en natuurlik elke Vrydag by die Woekermark in die Pretoriussaal, waar hy sedert die beginjare optree.

Eddie het ook reeds twee gewilde CD’s die lig laat sien: Perlemoen in 2009 en Suzuki’s van die Overberg in 2012. Tans is hy goed op dreef met sy volgende twee CD’s: “Old Time Favourites” en “Gospel en Country”.

Daar moet nog net oor die finale liedere en name vir die CD’s besluit word. Hy beskik ook oor sowat 400 liedere wat hy tydens sy optredes gebruik.

Eddie sit rustig in sy woonkamer in hul huis, EDANLI, wat ‘n samestelling is van sy naam, dié van sy vrou, Ansie en hul dogter Liesl se name, terwyl hy oor sy beroeps- en musiekloopbane met Gansbaai Courant gesels.

Beroepsgewys was Eddie egter sy hele lewe in die versekerings- en makelaarsbedryf.

Na ‘n tyd by Standard Bank, het hy by Santam Versekering aangesluit waar hy tot 1982 gewerk het.

Daarna het hy en twee vennote ‘n makelaarsfirma, Securior, oorgekoop wat hulle in 1991 aan Glenrand verkoop het.

Daar was Eddie ‘n direkteur tot en met sy aftrede in 2001, waarna hy en Ansie permanent na Franskraal verhuis het.

Terug by Eddie se musiekloopbaan: Gedurende die jare 1980 tot 1995 het hy sy eie orkes in Kuilsrivier, Die Golden Oldies, gehad.

Hulle het oral in die Wes-Kaap opgetree, waar hy, snaaksgenoeg, die kitaar- en sanggedeelte hanteer het, met Dean Gouws agter die klawerbord.

Eddie vertel dat hy eintlik eers vanaf sy aftrede voluit op sy musiekloopbaan begin fokus het. Naas solo-optredes het hy vir ‘n lang tydperk saam met Les Witz van Franskraal in hulle orkes, Eddie & Les Duo opgetree.

Nadat Les Kaap toe verhuis het, het Eddie sy eie orkes gestig: One Man Band, waar dit net Eddie, sy klawerbord en sy sang was.

Gedurende 2010 het Eddie Gansbaaiers baie bekommerd gehad toe hy met die siekte, Guillian Barré, ook bekend as die GB sindroom of Geduldsiekte, gediagnoseer is.

Gelukkig vir hom het hy na 2 weke in die Intensiewe Sorgeenheid (ICU), 2 weke in die Hoë Sorgeenheid en 4 weke in Intercare se Hersteloord wonderbaarlik van die siekte genees.

“My grootste vrees was dat my stembande permanent beskadig sou word en dit was uitbundige vreugde toe dit nie gebeur het nie,” het Eddie destyds gesê.

Ander belangstellings in Eddie se lewe is onder andere sy groot liefde vir die see, asook boothengel met sy laaste boot, die Tumble Weed waarmee hy gereeld see toe is. Dan het hy ook sy eie seiljag gehad en hy vertel trots dat hulle een van Club Mykonos in die Weskus se eerste inwoners/besoekers was.

Gedurende die tydperk 1956 en 1961 was Eddie ook ‘n kranige fietsryer en ‘n stigterslid van Worcester se fietsryklub.

Eddie se hande staan nie net vir die kitaar en klawerbord gereed nie, hy beskik ook oor uitstekende houtwerk-vernuf en wys trots na ‘n pragtige 10-man tafel wat hy onlangs self gemaak het.

Hy het ook hul huis in Franskraal eiehandig gebou. Duidelik ‘n man van vele talente!

Eddie is op 10 Julie 1942 in Goodwood gebore en matrikuleer in 1959 aan Boys High in Worcester.

Hy ontmoet Ansie in 1962 by Santam Versekeraars en die huweliksklokkies lui vir hulle op 4 Desember 1965 - nogal in die Groote Kerk, Kaapstad.

Albei die egpaar se kinders woon in Hermanus. Liesl het ‘n seun van 22, genaamd Nico en dogter, Alisha (18). Hulle seun, Inus en sy vrou, Sonja het ‘n 7-jarige seun, Eduan. Inus bedryf sy eie besigheid, Overstrand Aluminium, in Hermanus.

“Na die finalisering van my laaste twee CD’s, gaan ek die musiekbedryf vaarwel toeroep,” het Eddie gesê.

Te oordeel aan Ansie wat daardie woorde al baie gehoor het, klink dit meer na “famous last words”.

Eddie Barnard en sy klawerbord is soos vinkel en koljander

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles