Wildekrans kom spog met uitvoerwyn

Wildekrans kom spog met uitvoerwyn

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wynproeklublede was verras oor die uitstaande gehalte van die reeks uitvoerwyne wat Wildekrans Wynlandgoed aan hulle voorgestel het tydens die Gansbaai Wynproegilde se maandbyeenkoms in Mei. Kleinbaai se uithaler restaurant, The Great White House, het die komplimentêre disse saam met die verskillende wyne en vonkelwyn voorgesit.

Volgens die gilde se voorsitter, Theuns Roodman was dit ‘n voorreg vir die lede om wyne van hierdie gehalte te kon proe.

Die uitstekende wyne is die produk van Wildekrans Wynlandgoed, waar hulle wynmaker, Braam Gericke, sedert 2008 betrokke is.

Hy beskou sy belangrikste rol in die wynbedryf om deurgaans na ‘n goeie balans tussen wynproduksie, beplanning, vooruitskouings en bemarking te strewe.

Braam het deeglike ervaring by hoogaangeskrewe wynkelders opgedoen, terwyl hy ook vir twee agtereenvolgende jare as finalis in Agri Weskaap se Jong Boer van die Jaar kompetisie aangewys is.

Die uitstekende wyn (lede se beoordeling in hakkies) wat te proe aangebied is, is Wildekrans Wynlandgoed se Method Cap Classique Brut Rose (goud), Sauvignon Blanc 2017 (sterk silwer), Chenin Blanc Barrel Select (goud), Cabernet Franc Merlot 2014 (goud), Shiraz Barrel Selection (goud) en Cape Blend Barrel Select (goud).

Soos gebruiklik, was dit weer eens ‘n gesellige aand waar selfs besprekings oor die verskil tussen ‘witblits’ en ‘mampoer’ ter sprake gekom het - en dìt nogal tydens ‘n wynproebyeenkoms!

Wildekrans kom spog met uitvoerwyn

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles