Kwiltersgilde kuier saam met stigters

Kwiltersgilde kuier saam met stigters

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was 'n nostalgiese, maar baie interessante byeenkoms waar die stigterslede van Overberg Kwiltersgilde hul herinneringe met lede gedeel het.

Nie net was dit lekker om van die “ou” dae te vertel nie, maar ook om van hul vroeër jare se werk aan lede te kon wys.

Die gewaardeerde besoek deur die stigterslede is deur die huidige voorsitter, Olga Kuschke gereël.

Die Overberg Kwiltersgilde is op 14 Augustus 2000 in Kleinmond gestig, met 3 kwiltgroepe van die Overberg wat daar byeengekom het: Die Fynbos-groepie van Hermanus, die Stanford-groepie en die Lieflappers van Kleinmond.

Die eerste komitee is dieselfde dag nog saamgestel: Lubi Koorts (voorsitster), Beth Korevaar (vise-voorsitster), Sue Prins (sekretaresse), Cynthia Johnston (tesourier), Ann du Plessis (nuusbriefredaktrise), Kinnie Schutte (sameroepster), Di Fraenkel (werkswinkel-organiseerder) en Isa Wilmont (opleiding).

Ledegelde was in daardie stadium ‘n skrale R50 per jaar en besoekers kon teen R20 'n vergadering bywoon.

Sewentien jaar later, op 20 Maart 2017, is die stigterslede wat beskikbaar was, deur die Gilde genooi om hul herinneringe van weleer met die lede te kom deel, wat ‘n gewaardeerde en interessante gebeurtenis was.

Overberg Kwiltersgilde gaan steeds van krag tot krag.

Pragtige gekwilte items word gemaak, gereelde werkswinkels word aangebied en 'n kwiltuitstalling word jaarliks gehou.

Die groep vergader op ‘n maandelikse basis, met  gassprekers wat deurentyd met nuwe interessanthede vorendag kom.

Tydens die byeenkomste is daar ook laslapwinkels, verskeie leersame demonstrasies, 'n "Show and Tell" en 'n biblioteek vol kwiltboeke. Besoekers en nuwe lede is altyd welkom. 

Kwiltersgilde kuier saam met stigters

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles