Bote, persoonlikhede en waardebepalings

Bote, persoonlikhede en waardebepalings

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Soos ‘n huis móét ‘n boot ook ‘n naam hê.

In albei gevalle, maar veral wanneer ‘n boot ter sprake kom, weerspieël die naam diè van die eienaar, wat gewoonlik ook die skipper is, of somtyds een of ander situasie.

Daar is sommer baie gevalle wat as voorbeeld gebruik kan word. Hoe klink die volgende - en kan jy jou die skipper voorstel? Hamerkop, Wet and Wild, Krokkie, Ou Tjol, Hardegat, Apie, Kotz Kotz, Maki-sharkey en Makadas. Dis nou maar om net ‘n paar te noem.

Dink nou aan die skippers oor die algemeen en voeg sommer ‘n klomp ander hengelaars daarby. Is dit nie so nie dat elkeen van hierdie ook ‘n persoonlikheid eie aan hulle moet hê nie? En ons praat nie nou sommer van ‘n persoonlikheid wat op land “saamgesleep” word nie!

Ek kan sommer self begin deur van die manne hier te beskryf, maar indien ek name noem gaan daar pêrre wees.

Soos die bote se eienskappe baie kan verskil, is hulle eienaars ook besonderse mense wat elkeen bydra daartoe om die dag op see iets besonders te maak. Die lekker gesels onder mekaar getuig van dieselfde belangstellings en waarde-bepaling - die see en alles wat daarmee vereenselwig kan word. 

Ek gaan na enkeles verwys. Een skipper met wie ek jare saamgewerk het (en nie meer met ons is nie) sal deur sy kalm manier van praat en sy algemeen bedeesde gewoontes, altyd in my gedagtes bly. Amper meld ek sy naam! Hierdie was ‘n groot man in teenstelling met sy kalm manier van dinge doen.

Ek het hom nooit kwaad gesien nie, maar al het hy jou vermaan op sy stil manier is daar geluister. En ‘n grappie of gerusstelling was altyd gereed. Moet net nie dink dat hierdie skipper “sag” was nie. Hy was eerder streng, maar altyd regverdig en het ook iets gehards in hom gehad. Is hy herkenbaar aan een van die bogenoemde bootname?

Nog ‘n voorbeeld - en op sy boot was ek nooit gewees nie, maar het hom tog goed geken. Hy het sommer maklik sy boot gaan loods op ‘n vreemde plek. Sonder selfs om, soos jy gewoonlik sou maak, jou eers van toestande te vergewis. En nooit het hy probleme opgetel nie.

Goeie skipper ja, maar ek het hom as bietjie waaghalsig geken en sou nie sommer blindweg met hom na ‘n vreemde bestemming gaan nie. Deur slegs na die man se bootnaam te kyk, sou jy tog sulke aksies van hom verwag. Hy bly egter ‘n gewaardeerde vriend.

So gaan ons aan.

Baie groete, Seemeeu

Bote, persoonlikhede en waardebepalings

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles