Solyx United vuur en vlam oor nuwe seisoen

Solyx United vuur en vlam oor nuwe seisoen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Solyx United sokkerspan van Masakhane staan “vuurgedrewe” gereed vir die nuwe sokkerseisoen - geen wonder nie, want twee sleutelpersone in hul ontwikkelingsprogram is in diens van Gansbaai Brandweer.

Thebelani Xovula, die span se voorsitter is ‘n kadet-brandweerman en sy regterhand wat hom in alle opsigte ondersteun, is Jacques van Lill, bekende leerling-brandweerman.

Die sokkerspan het Saterdag, 27 Mei 2017 in Overberg Boothengelklub se saal hul splinternuwe uitrustings en balle vir die nuwe sokkerseisoen ontvang.

Die weldoener is Peter Huyser van Solyx Films South Africa (Pty) Ltd wat Solyx United se spanlede volledig vir die nuwe sokkerseisoen borg. Dit sluit volledige uitrustings en sokkerballe in, asook vervoer, etes en ander kostes tydens wedstryde buite die dorp. Solyx Films het die span ook tydens die  vorige sokkerseisoen volledig op dieselfde wyse geborg.

“We plan to continue to develop the team and league and will try to promote development in the community,” het Peter tydens die oorhandiging gesê. “We believe in blessing those who God puts in our sight, with what He has provided.”

Peter het ook sy waardering uitgespreek teenoor Storge Printing vir die ontwerp van die sokkerhemde, asook teenoor Riaan en Susan Snyders vir die middagete wat die sokkerspan kon geniet.

Solyx United sokkerspan het reeds in 1990 al as ‘n span aan wedstryde begin deelneem, maar onder die spannaam Marine United. Nadat Peter in 2016 met sy eerste borgskap betrokke geraak het, het die span uit erkenning daarvoor die spannaam na Solyx United verander.

In 2006 is hulle tot die SAB Liga toegelaat, waar hulle ook teen Overberg se ander spanne kon deelneem - vanaf Grabouw tot by Swellendam.

In 2014 kom hul eerste groot prestasie toe hulle as kampioene in die Overberg gekroon is. Daarna kon hulle aan Vodacom-wedstryde deelneem. Ongelukkig kon hulle, as gevolg van ‘n tekort aan fondse, nie deurdruk nie.

Ná die borgskap van Solyx Films in 2016, was hulle weer in staat om die stryd aan te pak. Daar was weer fondse vir vervoer en etes, asook nuwe uitrustings en sokkerballe. Dieselfde geld nou vir die 2017 sokker-seisoen.

Jacques van Lill van Gansbaai Brandweer is ‘n groot ondersteuner van die Solyx United sokkerspan en is betrokke by die span se ontwikkelingsprogram, algemene administrasie en ondersteuning.

Jacques se voorliefde vir sokker het reeds baie jare gelede begin toe hy vir Spar se interne personeelspan gespeel het, en selfs ‘n paar wedstryde vir  Masakhane se sokkerspanne.

“Dis toe ek nog vinnig en baie fiks was,” het hy bygevoeg.

Die twee kollegas van Gansbaai Brandweer is baie opgewonde oor Solyx United sokkerspan se wedstryde in die nuwe sokkerseisoen en Jacques is vol vertroue dat die span skoonskip in die nuwe sokkerseisoen gaan maak.

Solyx United vuur en vlam oor nuwe seisoen

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles