Omgekrapte see knip boothengel kort

Omgekrapte see knip boothengel kort

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verlede Saterdag se ontstuimige see, wat  vroegoggend deur lede van die Birkenhead Boothengelklub aangedurf is, se tydjie op see is so teen 12:00 deur die wedstrydsekretaris, Jean Downing, kortgeknip: “Nee-wat manne, vergeet maar van die gewone lyne op en inweegtyd en kom terug, die see raak nou te rof!”

Ondanks die verkorte tyd, was die vangste nie te swak nie.

Net 3 van die 5 bote wat ingeskryf het, het ingeweeg. Die bemanning het 14 getel, waarvan 1 ‘n junior was. 4 spesies is ingeweeg, waarvan die belangrikste silwervis was. Die totale aantal vis was 56, met 'n totale massa van 43.85kg, wat ‘n gemiddeld van 3.13kg per hengelaar beteken.

Die volledige uitslae is soos volg: swaarste vis (silwervis, 1.25kg), Bertus Prins; 2de swaarste vis (silwervis, 1.15kg), Hennie Groenewald (junior); swaarste sak (6.95kg), Danie Fourie; 2de swaarste sak (6.35kg), Jean Downing; swaarste bootgemiddeld (5.64kg), Relêks van Jean Downing; 2de swaarste bootgemiddeld (5.16kg), Oupa van Ben Uys; Junior swaarste sak (4.75kg), Hennie Groenewald.

Hierdie kompetisie was die 7de boothengelkompetisie vir 2017 en die eerste drie voorlopers in die onderskeie kategorieë is:  Bootkampioene - Oupa (34.05kg) van Ben Uys, Relêks (21.86kg) van Jean Downing en Bella Me (16.28kg) van Bev Swart; Mans Visvangkampioene - Danie Fourie (40.80kg), Ben Uys (35.45kg) en Jean Downing (27.30kg); Junior Visvangkampioene - Hennie Groenewald (29.7kg) en JP Uys (17.0kg).

Omgekrapte see knip boothengel kort

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles