Dankfees vir seën oor die oes

Dankfees vir seën oor die oes

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Pinksterdienste word jaarliks deur Gansbaai NG-gemeente met ‘n spesifieke tema vir die week se dienste aangebied.

Vanjaar se tema, “Waarom gaan ons kerk toe?”, is vanjaar vanaf Sondag, 28 Mei tot Vrydag, 2 Junie 2017 onder die soeklig geplaas.

Maar waaroor gaan pinkster en wat is pinkster?

Ds Dirk van Dyk het Sondag, 28 Mei 2017 lig op hierdie vraag gewerp en het Handelinge 2:1-4 en 1:8 as basis gebruik.

“Kom ons  begin by die woord pinkster en die oorsprong daarvan soos ons in vers 1 gelees het, “toe die dag van die Pinksterfees aangebreek het..,” het hy gesê. “Die woord pinkster hou dus verband met die pinksterfees…..wat was dit?”

Die Jode het verskillende feeste gehad waartydens hulle belangrike gebeurtenisse herdenk het.

So was daar paasfees, waar hulle die uittog uit Egipte herdenk het en die loofhuttefees waar hulle hul oorlewing in die woestyn herdenk het.

Nog ‘n fees was pinksterfees waar hulle die Here gedank het as die gewer van reën, graan op vrugbare lande en brood om te kan eet.

Op hierdie dag het hulle twee brode na die tempel gebring om die Here te dank dat Hy dit alles moontlik gemaak het.

Hierdie dag is soos volg uitgewerk: “Dit was die dag nà die 7de sabbat, of  dan die 7de Saterdag, dit wil sê 49 dae plus 1 dag, wat die 50ste dag nà paasfees was.” Die Griekse naam  vir die fees is “pentekoste” wat die 50ste dag beteken, waarvandaan die woord pinkster kom. Die woord pinkster hou dus verband met pinksterfees wat op die 50ste dag  nà paasfees plaasgevind het.

In die Nuwe Testament het daar op hierdie 50ste dag iets baie buitengewoon gebeur: daar was   skielik  uit die hemel ‘n geluid soos diè van ‘n geweldige stormwind en daar was ook iets soos vuur wat soos tonge verdeel het en op elkeen teenwoordig gekom het.

Wind en vuur in die Bybel hou verband met die teenwoordigheid van God - die Here  was hier besig - en almal is met die Heilige Gees vervul en het in ander tale gepraat.

In sy boodskap daarna het die apostel Petrus verduidelik dat hulle nie dronk was nie. Die mense het net met die Here se hulp begin getuig van die groot dinge wat God  deur Jesus gedoen het - die belofte van Jesus voor sy hemelvaart  het dus nou waar geword, naamlik dat Hy weggaan, maar sy volgelinge nie alleen sou agterlaat nie.

“Met pinksterfeeste dank ons dus eintlik die Here ook vir die ontstaan van die kerk - waarvan ons deel is - die dag wanneer ons die Here dank vir Sy Gees wat ook vir ons help  om Hom te dien en van Jesus te getuig,” het ds van Dyk gesê. “Sonder die Heilige Gees kan geen gelowige en geen kerk bestaan nie.”

Wanneer ons dus aan pinkster dink, hou dit verband met die uitstorting van die Heilige Gees  op  die Pinksterdag wat ‘n fees  van die Jode was waarop hulle die Here  gedank het vir  die seën van die graanoes. “Vandag dank ons die Here ook vir elke dag se seëninge, maar veral vir die uitstorting  van die Heilige Gees op daardie dag.”

Na afloop van die laaste diens (Vrydagaand), het die NG-Kerkkoor onder leiding van Aletta Löchner en met begeleiding deur Annelene Reinke, die week met die sing van “Hoe lieflik is U woninge” in die kerkgebou afgesluit.

In die saal het Laerskool Gansbaai se grondslagfase koor, graad 1 tot 3, onder leiding van Alana Louw verskeie kinderliedere onder groot toejuiging gesing. Marlete Longland het as dirigent opgetree, met Susan Cilliers agter die klavier vir begeleiding.  

Daarna kon gelowiges ontspan en saam die gebruiklike Pinkstermaal geniet, met ‘n verskeidenheid van soppe en tuisgebakte brode wat deur die vroue voorberei en voorgesit is om die koue 'n bietjie te verdryf.

Dankfees vir seën oor die oes

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles