Woensdag se gure weer het die weeklikse sloegterskompetisie gekniehalter en dit kon nie plaasvind nie.
Vrydag het 13 spelers aan die OK Foods se nege-putjie kompetisie deelgeneem.
Die wenner was Solly Wessels met 21 punte en hy teken ook ‘n arend aan op putjie no 6.
Tweede was Daan Victor met 20 punte, gevolg deur George Hunt 18, Leon Lombaard 17, Leon Hattingh 17 en Johannes van der Walt 17.
Leon Lombaard teken ‘n spog twee op putjie no 8 aan en Daan Victor was naaste aan die pen op putjie no 8.
Saterdag se kompetisie was ‘n Enkel Stableford en 11 spelers het deelgeneem. Die wenner was Etienne Engelbrecht met 36 punte, gevolg deur Jaco Bosman 34, Solly Wessels 33, Leon Hattingh 31, Fanus Walters 29, Leon Lambaard 29 en Niel Harrison 28.
Naaste aan die penne was Bev Swart op no’s 2 en 11, Erik Becht op no 17 en Niel Harrison op no 15.
Erik Brecht teken ‘n spog twee aan op putjie no 17 en Niel Harrison teken ‘n arend aan op putjie no 6.
Die Ligaspan het Saterdag teen Theewaterskloof met 5.5/.5 verloor.
Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n 4BBB Stableford.
Saterdag, 24 Junie 2017 is ‘n 2 Bal American Scramble en dit word deur die Rookkamer geborg.