Foto gee gestalte aan skildery

Foto gee gestalte aan skildery

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Menige hengelaar maak gebruik van die geleentheid op see om ‘n toneel of gebeurtenis op film vas te lê en so uiting te gee aan hul gevoel van waardering van die natuur. Vir sommige is dit iets soos ‘n sonsondergang of ‘n groot seeskilpad of sommer net iets wat nie verlore moet gaan nie.

Ek vra vandag die kans om te verduidelik hoe ook ek dit wil doen. Wat ek benodig is ‘n foto geneem van ‘n roman of ‘n rooistompneus, maar dit sal ‘n uitsonderlike foto moet wees. Daarvoor benodig ek ‘n kundige fotograaf wat bereid is om saam see toe te gaan, in die regte toestande, vir daardie besonderse foto. Die idee is om die vis aan die lyn te kry en dan tot net onder die oppervlak te lei vir die geleentheid. Die helder water sal dan lewendig gehou word deur die aksie van die vis en so kry jy hopelik ‘n foto geneem wat ‘n “opgebreekte” beeld met helder kleure, maar steeds ‘n getroue weergawe van die rooiroman of PW sal lewer. Wat dan baie belangrik gaan wees is dat die vis onmiddelik na die fotonemery toegelaat gaan word om ongeskonde sy gang te gaan.

Dan volg die eintlike doel van hierdie hele episode - vanaf hierdie foto moet ‘n skildery gemaak word deur iemand wat die idee van dit alles sal verstaan en gestalte sal gee aan wat ek al so lankal voorsien. Stel jou voor, die helder kleure, die vis wat lyk asof dit beweeg en jy kan dit amper glo, die oë, wat lyk asof daar ‘n vonkel in is!

Hierdie skildery gaan ‘n ereplekkie êrens in die huis kry. Waar almal dit kan geniet. Met stiltetyd sal ek verduidelik dat hierdie vis nog iewers …hopelik ….vry rondswem. Met al my veronderstellings is dit heel moontlik ‘n onbegonne taak. Maar gebeur dit wel beteken dit iets wat in die toekoms net bewonder sal word.

Die gure weer het see toe gaan amper onmoontlik gemaak, maar terselfdertyd gee dit hoop op beter vooruitsigte. Ase is losgespoel, gate en sloepe behoort oop te wees en dat die vis gaan nader staan is vir seker.  Geniet die see.

Seemeeu

Foto gee gestalte aan skildery

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles