Varswater is hul speelplek

Varswater is hul speelplek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sandri en Dirk Lourens van Perlemoenbaai, twee kranige varswaterhengel kampioene, was altwee deel van die Voorsittersliga wat vir die 4de agtereenvolgende jaar met die goue medalje tydens die Westelike Provinsie Varswater Hengelunie se jaarlikse prysuitdelingsfunksie op Saterdag, 10 Junie 2017 weggestap het.

Dirk en Sandri hengel vir die Boland Varswater Hengelklub wat vir die 5de agtereenvolgende jaar as die Top Klub in die Westelike Provinsie aangewys is. 

Die Westelike Provinsiale spanne is ook tydens die prysuitdelingsfunksie aangekondig, nadat proewe op 3 en 4 Junie in buitengewone gure weer plaasgevind het, wat nie die Lourense afgeskrik het nie.

Hul twee laerskooldogters, Juandre en Zandre, is altwee in die o/13 Penkopspan opgeneem wat in Desember vanjaar in Bloemhof aan die Suid-Afrikaanse Provinsiale Kampioenskappe gaan deelneem.

Hierdie twee kranige jong hengelaartjies moet nie op hul baadjies getakseer word nie - hulle het ook al hul Westelike Provinsiale kleure verwerf.

Ma Sandri dien ook op die bestuur van die Penkopspan.

Dirk is in die Westelike Provinsiale Meestersspan opgeneem, wat in November in Bloemhof gaan deelneem. Sandri is ook in die Meestersspan as bestuurder opgeneem, asook in die Westelike Provinsiale Damesspan wat in Februarie 2018 ook in Bloemhof gaan deelneem. 

‘n Besige tydjie wag dus op die kranige Lourens-varswaterhengelspan, veral met al die voorbereiding en oefening wat vir hulle wag.

Varswater is hul speelplek

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles