Vroue is 'n gesin se steunpilaar

Vroue is 'n gesin se steunpilaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Julle vroue wat hier sit is die waakdames van die samelewing, die steunpilaar in die gesin en die steunpilaar van jou huis.” Het rdl Riana de Coning Saterdag tydens ‘n oggendtee in die Blompark Gemeenskapsaal gesê.

Sy het die bekende woorde van Nelson Mandela aangehaal: “It takes a village to raise a child” en ‘n beroep gedoen op vroue om weer die bewakers en oppassers van hul eie kinders, die bure se kinders en die straat se kinders te word.

Mev de Coning het gesê sy verstaan dat die mense van Blompark nie die vreugde en vryheid gekry het waarop hulle gehoop het na die 1994-verkiesing nie.

Sy het voorts gesê dat oorregulasie en wette  wat ingestel is deur die regering lei tot werkloosheid. 

Mense sit nou tuis sonder werk en verloor hul trots.

Sy het haar bekommernis oor die land soos wat hy nou daar uitsien en die grootskaalse werkloosheid van die jeug, uitgespreek en haar gehoor verseker dat hulle ‘n ander Suid-Afrika sal sien “wanneer die DA in 2019 aan bewind kom.”

Kapt Africa, wat heel onverwags by die geleentheid opgedaag het, is gevra om met die vroue te praat oor tendense in en om Gansbaai.

Eg nuwe Suid-Afrikaner het hy weggetrek in Engels, maar sy gehoor het hom in die rede geval en gesê “ons praat Afrikaans hier!”

Kapt Africa het gesê dat die Wet daar is om vroue en kinders te beskerm, maar dat die polisie se hande afgekap is indien hulle nie ‘n formele klag lê nie.

Hy het voorts gesê dat dit ‘bekendes tussen ons’ is wat hierdie wette oortree, maar die gemeenskap is te bang om hulle aan te kla.

Hy het die dames genooi om ‘n gedrukte beskermingsbeleid by die polisiekantoor te gaan afhaal, sodat hulle hulself kan vergewis van hulle regte.

Hy het ook die ouers voor stok gekry oor hulle kinders wat in die dorp se strate ronddwaal, by huise inbreek en dwelms gebruik.

“Waar is Pa en Ma?” het hy gevra.

Hierdie oggendtee op Jeugdag was maar een van vele oggendgeleenthede wat Riana vir die jaar beplan het en sy het die vroue van Blompark verseker dat daar weer ‘n geleenteid sal wees - ook die vroue van Beverley Hills.

Rdl Moira Opperman het saam met haar as gasvrou opgetree.

Hulle doen ‘n beroep op mans en vroue om die DA byeenkoms in Hawston by te woon wat op Vrouedag, 9 Augustus aangebied word. Die tema vir die dag is: Bestry die euwels in ons samelewing.

Bussies sal beskikbaar gestel word vir mense wat wil saamgaan. Sitplek is beperk en belangstellendes moet dus hul name so gou moontlik op die lys laat plaas. 

Vroue is 'n gesin se steunpilaar

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles