Uitstaande opleiding

Uitstaande opleiding

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Akhona Jordaan, ‘n tydelike personeellid by Gansbaai Toerisme, is weer eens ‘n voorbeeld van die deeglike interne opleiding wat by dié organisasie aangebied word.  

Akhona het onder kontrak met EPWP (Extended Public Works Programme) tydelik by Gansbaai Toerisme begin werk. Hierdie kontrak verval einde Junie vanjaar, wat weer hernu sou word. Intussen het hy vir ‘n permanente pos by Grootbos Natuurreservaat aansoek gedoen. Hy het hulle so beïndruk met sy ervaring wat hy by Gansbaai Toerisme opgedoen het, dat hy vir verdere opleiding ingeneem is, waarna hy ‘n permanente aanstelling kan kry.

“Sedert die eerste dag na my aanstelling by Gansbaai Toerisme, het ek tuis gevoel en het dit vir my gevoel asof ek die volle ses maande saam met familie gewerk het,” het Akhona gesê. “Die opleiding wat ek hier ontvang het, asook ondervinding om met mense te kon werk en my op toerisme te kon toespits, was waardevol en ek is baie dankbaar daarvoor.”

Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, het Akhona se weggaan as ‘n verlies beskou, maar gun hom die permanente aanstelling by Grootbos. Akhona het gesê hy is dankbaar vir die pos by die natuurreservaat, maar vir hom sou die “eerste prys ‘n aanstelling by “die toerismekantoor gewees het.

Glenda het reeds met die Plaaslike Ekonomise Ontwikkelingsafdeling in gesprek getree oor die aanstelling van ‘n tydelike personeellid om Akhona te vervang.

Nog ‘n klompie suksesverhaal-“verliese” vir die toerismekantoor en “winste” vir buite-instansies, is: Abraham Newman wat suksesvol in die haaibedryf aangepas het; Heinrich Jansen wat ‘n goeie pos by Gansbaai SAPD gekry het; Abegail Williams wat eweneens baie gelukkig by Gansbaai SAPD werk; Ally Msweli wat ‘n eksterne kwalifikasie as gids in die toerismekantoor behaal het.

Hy het later sy eie  besigheid, Masakhane Township Tours, gestig. Ally dien tans nog as lid op die Toerisme komitee.

Daar bestaan geen onduidelikheid oor die bekwaamheid en doelgerigtheid wat heers onder Gansbaai Toerisme se personeel onder leiding van Glenda nie.

Glenda se twee regterhande, Doulene Els, die afgelope 12 jaar en Maureen Valentine, die afgelope 4 jaar, staan steeds gereed met ‘n glimlag.

Uitstaande opleiding

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles