Toerisme-span spog met selfoonfotograwe

Toerisme-span spog met selfoonfotograwe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sosiale Media in vele vorme het gekom om te bly - voordele en nadele en al.

“Die enorme rol wat sosiale media in almal van ons se daaglikse lewens speel, kan nie onderskat word nie, veral nie by ons in die Toerismekantoor nie,” sê Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme. “Dieselfde geld vir die waarde van goeie foto’s wat ‘n storie vertel.”

Dit het Glenda laat besluit om ‘n werkswinkel vir selfoonfotografie vir die kantoor te reël.

Leanne Dryburgh, eienaar van Photowalkers in Hermanus, het ingewillig om ‘n werkswinkel oor die tegniek van selfoonfotografie in Gansbaai te kom aanbied.

Die insiggewende en leersame werkswinkel is Dinsdagmiddag, 6 Junie 2017 in die Toerismekantoor deur Leanne aangebied.

Sy het die werkswinkel met goeie wenke, advies en verskeie tegnieke wat vir selfoonfotografie nodig is, begin.

Daarna het die groep stadig in die rigting van Gansbaai hawe gestap - met die opdrag om op die uitkyk vir goeie fotomoontlikhede te wees, terwyl Leanne advies en leiding verskaf het en praktiese wenke voorgestel het.

Die groep moes veral fokus op kleurkombinasies, lighelderheid en om die ideale hoek vir die neem van foto’s te bepaal.

“Ons moes selfs op die grond gaan lê om die regte hoek vir ‘n foto te kon kry,” vertel Glenda. “Alles was egter die moeite werd en baie insiggewend en ons het nie net baie geleer nie, maar veral die praktiese gedeelte van die werkswinkel baie geniet.”

Gansbaai Toerisme se span was Glenda Kitley (Bestuurder), Doulene Els, Maureen Valentine en Akhona Jordaan. Glenda het ook vir Maraika van Wessen, die Toerisme Buro se bemarker en Jean-Marie van Eck, Gansbaai Academia (sosiale media) na die werkswinkel genooi.

Glenda sê die belangrikste opdrag deur Leanne aan hulle is om nou soveel as moontlik in die praktyk te gaan toepas wat hulle geleer het.

Toerisme-span spog met selfoonfotograwe

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles