Haaiklip / Holbaai

Haaiklip / Holbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Haaiklip sowel as Holbaai het natuurlik geen bekendstelling nodig nie, nogtans sal dit seker bevraagteken word waarom albei tesame behandel word. Kom ons neem eers Haaiklip, by Franskraal. Vanaf Oktober, min of meer tot omtrent Maart is dit die plek vir die kabeljou. Dis dan ook die domein van die amperbootjies want dis hul tyd en plek om te baljaar.

‘n Ou moet spesiale melding maak van die amperbootjies en hulle skippers, want spesiaal is hulle gewis. Baie ouens wat die gedoente so gadeslaan sal met leepoë kyk hoe hierdie manne maai onder die kabeljou en sal sommer ook in die haastigheid self so ‘n bootjie wil aanskaf en dan vol moed hulle ding doen.

Baiemaal werk dit nie so nie. Daar moet in gedagte gehou word dat hierdie bootjies hul naam gekry het aan die feit dat hulle nog moet grootword!

Ons praat van so net oor die 3 meter en dat hierdie skippers die goedjies al gewoond is. Die gewone ou sal sukkel om die beperkte ruimte en gevoeligheid daarvan baas te raak. Boonop is dit gewoonlik die jonger manne wat kans sien hiervoor en onthou dat daar baie op ongereelde tye see toe gegaan word. Nie juis ideaal vir die ouer manne nie.

Hou ook in gedagte dat juis oor die beperkte ruimte die gesoute manne gewoonlik alleen op die boot is. Met goeie rede. Die beweegruimte is beperk en as jy eers jou sit gekry het moet jy maar rustig verkeer. Die ouer manne kort mos bietjie geselskap.

Dan moet melding gemaak word van die skippers van hierdie amperbootjies se kundigheid.

Hulle sal jou sê dat die kabeljou eintlik in sloepe loop en hierdie kêrels weet waar om met die boot te gaan lê. Jy sal met die groter boot so bietjie dieper gaan lê om darem aan die veilige kant te wees, dan gewaar jy hierdie bootjies, strandkant van die bamboes, terwyl dit lyk asof die branders enige oomblik oor hulle gaan breek.

Nee wat, hulle weet waar die veilige plekke is en dis gewoonlik ook baie vlak  --  en dis mos waar die vis loop.

Dan Holbaai, so 6, 7 kilometer verder, met die Gruis aan jou linkerkant. Wanneer Haaiklip toegepak word met die baie bote en almal met groot hoop ook daar gaan hengel, gee van die manne pad Holbaai toe. Wanneer jy dan ook uiteindelik daar opeindig moet jy maar so diepkant ‘n plekkie soek want dis net amperbootjies waar jy kyk en in elke bamboesgat lê die manne bankvas.

Hierdie tyd van die jaar is die keuse dan ook òf Haaiklip òf Holbaai.

En gee die manne wat hul toekom, die amperbootjies is ideaal en die manne ken van! As jy nog kans sien hiervoor en kan met veiligheid jou ding doen  --  laat waai.

Baie groete, Seemeeu

Haaiklip / Holbaai

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles