Breë, verleë glimlagte oor galjoentjies

Breë, verleë glimlagte oor galjoentjies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Net twee galjoene (galjoentjies!) was die totale vangste vir die dag, maar die breë glimlagte was daar, al was dit ietwat aan die verleë kant!

Die hengelaars van Overberg Kushengelklub het Saterdag, 17 Junie 2017 ‘n sonskyndag, maar ‘n omgekrapte en bitter koue see beleef - sonder hengel welslae.

Louis Otto het as wenner met sy 840g galjoentjie “getriomfeer”, terwyl die hengellegende, Oubaas Lesch, met die tweede plek tevrede moes wees - ook ‘n galjoentjie - 820g.

Elba Tredoux van die klub het laat weet dat, nieteenstaande die “effense” oes uit die see, het ‘n goeie gees onder die manne en vroue in ‘n stampvol klubhuis geheers.

“Rugby is toe maar langs ‘n gesellige braaivleisvuur gekyk, met groot dank aan ons borge vir die dag,” het Elba gesê.

Die klub het sowat ‘n week gelede in ‘n stampvol klubhuis ‘n suksesvolle hamburgeraand vir fondsinsameling aangebied.

Die musiek is deur die Rummy Cub orkes gemaak, met voete wat behoorlik gejeuk het om die dansvloer te betree.

Breë, verleë glimlagte oor galjoentjies

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles