Raad keur ontwikkelingsplan goed

Raad keur ontwikkelingsplan goed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Raad van Overstrand Munisipaliteit het die munisipaliteit se vyf jaar Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir die tydperk 2017/18 tot 2021/22 goedgekeur.

Die GOP is die munisipale strategie van die Raad. Die begroting gee uitvoering aan die GOP en dui aan watter fondse aan die strategiese doelwitte bestee sal word. Kommentaar is gedurende April 2017 tydens die padskoue oor die GOP en begroting ontvang en is, waar toepaslik, by die finale planne ingewerk.

Die munisipale begroting vir 2017/18 beloop R1,135 miljard, waarvan R1,037 miljard aan bedryfsuitgawes (OPEX) en R97,6 miljoen aan kapitaaluitgawes (CAPEX) bestee sal word.

OPEX dek die dag-tot-dag uitgawes van die munisipaliteit en 50% van die bewilligde fondse sal vir die voorsiening en instandhouding van munisipale dienste aangewend word. 20% sal onderskeidelik aan die voorsiening van demokratiese, verantwoordbare en etiese regering en aan die bevordering van toerisme, ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling bestee word. Die oorblywende 0,28% en 10% sal onderskeidelik aangewend word vir die aanmoediging van gestruktureerde gemeenskapsdeelname aan die sake van die munisipaliteit en vir die daarstelling en handhawing van ’n veilige en gesonde omgewing.

CAPEX word aangewend vir infrastruktuurontwikkelling (kapitaalprojekte) en 69% van die kapitaalbegroting van R97,6 miljoen word bewillig vir die voorsiening en instandhouding van munisipale dienste.

Die ander 31% sal gebruik word vir projekte wat verband hou met die GOP se strategiese doelwitte om toerisme, ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling te bevorder, ’n veilige en gesonde omgewing te vestig en te handhaaf, gestruktureerde gemeenskapsdeelname aan die sake van die munisipaliteit aan te moedig en om demokratiese, verantwoordbare en etiese regering te voorsien.

Die behoeftes wat in die GOP geïdentifiseer word, word nie alles deur die munisipaliteit befonds nie.

Toelaebefondsing van die Nasionale en Provinsiale regering, wat 14% van die totale 2017/18-munisipale begroting uitmaak, dek aspekte soos behuising, onderwys, gesondheid, biblioteke en sport en ontspanning.

Munisipaliteit Overstrand sal toesien dat die aanwending van alle fondse streng gemonitor word en dat die behoeftes van ons gemeenskappe binne die beperkings van die beskikbare begroting aangespreek word.

Raad keur ontwikkelingsplan goed

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles