Franskraal open eie beheerkamer

Franskraal open eie beheerkamer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Franskraal Buurtwag se eie Beheerkamer is Saterdag, 24 Junie 2017 “in styl” in Franskraalstrand geopen.

Willem (voorsitter) en Melinda (tesourier) het die seremoniële lint gesamentlik geknip - “aangesien my vrou sedert Mei 2015 my geduldige regterhand was,” het Willem gesê.

John Galvin (visie-voorsitter) het as seremoniemeester opgetree en Aubrey Louwrens gevra om die verrigtinge met gebed te open. Daarna het Brigadier Donovan Heilbron (Groepsbevelvoerder: Overstrand), Lt.Kol Kholosa Moshi (Gansbaai SAPD Stasiebevelvoerder), Lucille Mangiagalli (voorsitter: Gemeenskapspolisiëringsforum), Philip Fourie (namens Franskraal inwoners) en Willem van der Merwe (voorsitter) elk 'n spreekbeurt ontvang.

Die bestuur het intussen daarin geslaag om die buurtwag amptelik as ‘n geakrediteerde Buurtwag by die Departement van Gemeenskapsveiligheid te registreer.

Paul Venter, voorsitter van Uilkraal Buurtwag in Uilenkraalsmond Vakansieoord, is spesiaal bedank vir sy deurlopende ondersteuning, advies en samewerking om van die Buurtwag ‘n sukses te maak.

Philip Fourie het in sy toespraak ‘n goeie samevatting vir sukses gegee:

Twee belangrike hooffaktore is suiwer doelstellings en dat die handelinge om dit na te streef opreg moet wees; In die loodsingsproses is skakeling met onder andere organisasies, verenigings en regeringskanale van kardinale belang, terwyl interne faktore soos “menslike politiekery” reg hanteer moet word.

“My raad vir die toekoms is: hou by die doelstellings, bly nederig, waak teen verkeerde persepsies en fokus op goeie bemarking.”

Toerusting

Franskraal Buurtwag begin hul beheerkamer met ‘n stewige basis van toerusting en benodigdhede.

Uit eie geledere het hulle onder andere kantoormeubels, kolligte en  magneetborde aangekoop.

Die Wes-Kaapse Departement van Gemeenskapsveiligheid het onder andere glimbaadjies, flitse, fluitjies, 'n noodhulpkis en brandblusser en wit ligte vir die patrollievoertuie voorsien.

Borge, donateurs en skenkers het ook ‘n groot bydrae gelewer: hoë lugdraad by die  beheerkantoor wat goeie opvangs bied, radiobasis, yskas, mikrogolf, waaier, TV en skottel met modem, alarmstelsel, radio’s met antennas op die patrollievoertuie en ‘n skootrekenaar.

Stigting

“Franskraal Buurtwag is reeds gedurende Mei 2015 deur Willem van der Merwe gestig, waarna hy as sameroeper opgetree het,” het John Galvin gesê.

“Hy het aanvanklik op sy eie onverpoos gewerk en bloed gesweet, met Melinda wat hom ondersteun het, maar hy het nooit ophou glo in die verwesentliking van sy droom nie.”

Gedurende November 2016, sowat 18 maande later se harde werk deur Willem en diegene wat hom bygestaan het, is die eerste Algemene Jaarvergadering gehou, waar Willem amptelik tot voorsitter verkies is.

Bestuurslede

Die volgende lede dien tans op die bestuur van Franskraal Buurtwag: Willem van der Merwe (voorsitter), John Galvin (visie-voorsitter), Annaleen Genade  (sekretaresse), Melinda van der Merwe (tesourier), Elsa Lourens (lid) en Attie Barnard (lid).

Kontakbesonderhede

Franskraal Buurtwag se beheerkamer is op die hoek van Ross- en Loopstraat (waar die ou Franskraal Kafee was).

Franskraal open eie beheerkamer

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles