Nee dankie vir R10 000, dis ‘n “scam.”

Nee dankie vir R10 000, dis ‘n “scam.”

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nee dankie vir R10 000, dis ‘n “scam.”  Dit was die woorde van Claudette Barnes van Baardskeerdersbos toe sy haar bankbesonderhede onlangs aan ‘n onbekende inbeller moes verskaf.

“Jammer, dit moet ‘n ‘scam’ wees en ek verskaf nie my bankbesonderhede aan vreemdes nie!”, het sy vasberade volgehou tydens die telefoonoproep wat sy ontvang het.

Claudette het al vergeet dat Jan Barnard van Bayview Meubels in Gansbaai haar gehelp het om vir ‘n Defy kompetisie te registreer nadat sy ‘n yskas/vrieskas-kombinasie daar gekoop het.

Die oproep was dus baie vreemd, maar na baie mooipratery en verduidelikings van die operateur se kant af, het sy besluit om ‘n nuwe bankrekening by Absa te open om sodoende haar persoonlike bankbesonderhede te beskerm “net ingeval iets nie reg is nie”.

So gesê, so gedaan. Claudette het die nodige vorms vir ‘n tweede rekening voltooi en haar nuwe rekeningnommer ontvang.

Sy is deur Absa meegedeel dat sy ‘n oproep te wagte kan wees sodra die rekening goedgekeur is om ‘n minimum van R50 daarin te deponeer. Dit is wat vereis word wanneer ‘n nuwe rekening by hulle geopen word.

Claudette het dadelik die rekeningnommer aan Defy deurgegee - steeds vas oortuig dat dit net ‘n slinkse storie is om haar bankbesonderhede te bekom.

Absa het haar later geskakel en meegedeel dat die rekening goedgekeur is en dat sy ‘n minimum van R50 moet inbetaal om die rekening te aktiveer.

Groot was haar verrassing toe sy met haar R50 by die bank kom en die teller haar meedeel dat die R50 inbetaling heeltemal onnodig is, aangesien daar reeds ‘n R10 000 betaling deur Defy gemaak is.

‘n Verdwaasde en baie opgewonde Claudette is toe deur Jan ingelig dat sy wel die wenner van Defy se kompetisie is.

Jan vertel dat Defy met ‘n promosieveldtog besig is waar geluktrekkings landwyd gedoen word wanneer  ‘n Defy sy-aan-sy yskas/vrieskaskombinasie aangekoop word. Met die aankoop van die produk, het die koper slegs nodig om te registreer om vir die R10 000-trekking in aanmerking te kom.

Corrie Kotze, ‘n verteenwoordiger van Defy, het spesiaal na Gansbaai gereis om die tjek aan  Claudette te oorhandig. 

Nee dankie vir R10 000, dis ‘n “scam.”

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles