Fotografieklub is oorlaai met opwinding

Fotografieklub is oorlaai met opwinding

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub se inisiatiewe om byeenkomste en uitstappies interessant, insiggewend en ook gesellig te maak, ken geen perke nie. Met Veronica du Plessis as voorsitter en die res van haar bestuurspan is daar geen einde aan opwinding nie. Die onlangse naweekuitstappie na Wortelgat by Stanford was maar een van baie geleenthede wat vanself spreek.

Wortelgat uitstappie

Wat ‘n naweek was 9 tot 11 Junie by Wortelgat, Stanford nie! Veronica, die klub se voorsitter, het geen moeite ontsien om die naweek so aangenaam as moontlik te maak nie - en Veronica mag maar kos maak ook - dit was ‘n naweek van “eet tot jy bly lê”!

Die naweek was gefokus om ‘n werkswinkel oor stillewe- en tekstuurfotografie na aanleiding van Marc en Veronica du Plessis  se teorielesings oor die onderwerp, maar dit was ook die ideale tyd vir lede om mekaar beter te leer ken.

Vir die stillewefoto’s is die groep in twee spanne verdeel, maar met die neem van tekstuurfoto’s was elke lid op sy eie inisiatief aangewese.

Goeie foto’s is geneem en die wenners is met lekker “tjoklits” as pryse bederf!

Die 10 fotograwe en gaste wat van die naweekuitstappie ‘n gesellige sukses gemaak het, is Marc en Veronica du Plessis, Riaan en Dorothea Jacobs, Christo en Annette Wessels, Schalk en Miemie Pienaar, Hardus Botha en Nelleke Ferreira.

Greyton uitstappie

Die tien fotograwe van Gansbaai Fotografieklub wat Greyton Saterdag, 6 Mei 2017 besoek het, het ten doel gehad om herfslandskappe te fotografeer wat tydens ‘n volgende byeenkoms beoordeel is.

Die groep wat die dag in Greyton deurgebring het, was Jane en Genevieve Bailey, Nelleke Ferreira, Marc en Veronica du Plessis, Vera Swart, Christo Wessels, Annetjie Visagie, Riaan Jacobs en Piet Visagie.

“Fantastic camera”

Sam Haskins once said: “A photographer went to a socialite party in New York.

As he entered the front door, the host said: ‘I love your pictures; you must have a fantastic camera.’ The photographer said nothing until dinner was finished, then he said: "That was a wonderful dinner; you must have a terrific stove!"

Kom sluit aan!

Fotografieklub is oorlaai met opwinding

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles