Gansbaai VLV-nuus

Gansbaai VLV-nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die opkoms by die onlangse VLV vergadering was so goed, dat te oordeel aan al die motors wat buite geparkeer was, dit gelyk het of daar nóg 'n ander 'okkasie' aan die gang was by die Pretoriussaal.

Vorige vergadering terugblik - Tema: LANDBOU en TUINBOU

Op 'n koue wintersmiddag het almal lekker gekuier met beide hande gevou om 'n warm beker geurige sop en 'n broodjie.

Sameroepster Ronelle Swart en haar gasvrouens, het vir hierdie heerlikhede en ook vir die res van 'n interessante program gesorg.

Canola Olie

Die hoogtepunt van die middag was die gasspreekster, Tertia Joubert, verteenwoordiger van Southern Oils in Wellington, se insiggewende en waardevolle praatjie oor B-well Canola olie.

Om olie te gebruik en spesifiek watter olie ons gesondheid die beste sal baat is 'n kernvraag vir elkeen van ons in vandag se wêreld wat oorloop van kitskosse en skadelike prosesse.

Ons "bewaarders-van-goeie-huishouding" het die spreker lank aan die gesels gehou met al die vrae.

‘n Paar feite oor B-well canola olie:

Het julle geweet B-well canola olie is cholestrol vry, en bevat net 7% versadigde vet? 

B-well canola olie word onderskryf deur die hartstigting SA en is ook die enigste kookolie in Suid Afrika wat die CANSA Smart Choice Seal dra. Dit is te wyte aan die ideale 2:1 ratio van Omega 6 tot Omega 3.

Middelmaand Kolkuns werkswinkel

In Mei, tydens 'n kuns werkswinkel het lede klippe geverf.

Ronel de Villiers wat die klas aangebied het, beskryf dit só: "Dit is 'n Aboriginie, oftewel Australiese inheemse volkskuns, wat ook kolkuns genoem word - dot art. Dit is terapeuties en ‘n baie goeie ontspanningstegniek, wat ook skeppendheid bevorder.

 Die VLV vroue het dit voorwaar so ondervind en so het al die skeppende idees 'n middag met pret, verf en kuier laat omvlieg.

Volgende vergadering - Tema: OPVOEDING

Die volgende vergadering vind plaas op 5 Julie om 15:00 by die Pretoriussaal.

Die sameroepster Lanita Marais en haar gasvrouens beloof 'n middag propvol  interessante aktiwiteite.

 Michelle Marais kom gesels oor haar studiesentrum, wat ‘n platvorm skep vir die ontwikkeling van en motivering in verskeie fasette van studiegewoontes, buitemuurse aktiwiteite en vele meer.

Kom luister gerus na die entoesiasme waarmee dié  groot werk by die sentrum verrig word.

Teenwoordiges gaan vermaak word deur ‘n groepie kinders wat hul Eisteddfod gediggies gaan voordra.  

Daar word ook 'n prettige aktiwiteit aangebied, asook 'n antieke mini-uitstalling.

VLV gasvrouens nooi almal uit om die middag saam met hulle te geniet.

Die VLV is dié plek waar jy in 'n ontspanne, vriendelike omgewing, as "aanpasbare vrou" jou talente kan "saambring" en jouself kan uitleef.

Ons sien uit om u te verwelkom!

Gansbaai VLV-nuus

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles