Vrou wuif totsiens en los man op dak

Vrou wuif totsiens en los man op dak

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die solarstelsel, die man, die leer, die dak en die afstandbeheer...

Dit klink na ‘n vreemde kombinasie. Johan Stemmet van TV2 se program, Noot vir Noot, sou gevra het: “Watter woord pas nie hier nie?”

In Christie en Desireè van Zyl se geval pas alles egter soos ‘n handskoen - behalwe vir ‘n omgekrapte en moeilike man agterna!

Desireè het vroegoggend oudergewoonte gereed gemaak om werk toe te ry.

Haar man, Christie, was op die woning se dak besig om aan die solarstelsel te werk toe sy vrolik vir hom wuif en groet, in haar motor klim en werk toe ry.

By die werk aangekom, het sy oopgesluit en haarself rustig vir die dag gereed gekry.

Hierdie “rustigheid” was van korte duur toe haar foon later lui met Christie aan die anderkant: “Wat makeer jou dat jy my uit die huis en uit alles uitsluit?!”

Net daar val dit haar by dat sy ingedagte die huis, die elektroniese motorhuisdeur en die elektroniese hek gesluit het - dìt nadat sy nogal vir hom gewaai en hom gegroet het voordat sy gery het.

Gelukkig vir Christie het hy ‘n leer op die dak gehad en ‘n tweede leer op die grond. Hy moes toe die een leer teen die elektroniese hek staanmaak en met die ander leer op sy skouer opklim sodat hy aan die anderkant weer kon afklim.

Daarna moes hy sowat 3 lang straatblokke na sy broer, Koos van Zyl, stap om te skakel, aangesien sy selfoon in die huis toegesluit was.

Desireè moes inderhaas die winkel waar sy werk weer sluit en huis toe ry om vir Christie oop te sluit.

Desireè sê gelukkig is die vrede vinnig herstel en kon hulle saam lag oor die petalje, maar dit kon ook die omgekeerde van ‘n “warm vrou en koue kos” gewees het!

Vrou wuif totsiens en los man op dak

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles