Ai, tog, al weer!

Ai, tog, al weer!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir ‘n persoon wat nie ‘n seemens is nie moet dit seker baie vervelig wees en glad nie lekker nie, om met iemand te gesels wat blykbaar net oor die see en hengel wil praat!  ‘n Man weet tog jy steek die grens oor as jou vrou gereeld sê, “Kan jy oor niks anders gesels nie?”  

Ek dink wel dat wanneer jy met die kommunikeerdery agterkom hierdie man voor jou wil of kan nie juis saamgesels nie, daar een of ander rede voor moet wees.

Dalk kan hy nie, omrede hy nooit die kans gegun is of dalk nie die tyd gehad het om die see beter te leer ken nie.

Wil jy glo, daar ís sulke mense! En dan begin jy bespiegel oor waaroor julle SOU kon gesels. Dalk sou jy nog by hom kon geleer het hoe sy hengelgereedskap werk, of jy sou hom kon vertel van hierdie groot vis wat jy eendag gevang het.

Ons kan dan ook wyd gesels oor watter bote hy verkies (en waarom), asook hoe hy sekere probleme met sy buiteboordmasjiene hanteer. Of anders is daar al die goed wat op of langs die see gebeur.

Hierdie kêrel lyk asof hy met die nodige ondervinding lekker sal kan gesels. Dit kan dalk die moeite loon om hom te probeer betrek by die volgende see toe gaan. Ek loer na hierdie maat van my (ja, daar is twee van ons, albei “gesout”), en wonder of hy iets kan voorstel om hierdie ou wat so verveeld lyk, te laat meedoen.

My vrou kyk my so skuins aan en ek verwag die gewone, maar wil jy glo, sy sê: “Wanneer daar onweer in die lug is gaan die vis nie byt nie. Ons kort ook meer  westewinde  om die water reg te kry”. Skielik besef sy waarmee sy besig is en spring haastig op om te gaan koffie maak. Hierdie keer loer ek vir háár!

Dis al oor twee in die namiddag en om een of ander rede begin die wind mos altyd dan te waai. Ons neem stelling in voor die glasskuifdeur vanwaar ons die see behoorlik kan waarneem. Die sterk winde ruk aan die glas en groot branders slaan woes teen die rotse. Nou praat nie een van ons eintlik nie. Ons mediteer sien, elkeen besig met sy eie waarnemings en gedagtes. Eintlik aangenaam so, dis snoesig hier binne. Ons was redelik lanklaas op die water en ek bekyk die wêreld en wonder wanneer ons weer kans gaan kry. Amper tyd vir snoek en geelbek. Met die springlaag behoort daar weer rooiaas uit te spoel. Galjoen se kos. Nog ‘n paar maande voor die kabeljou weer sy verskyning maak.

Daar gaan ek al weer….. baie groete, Seemeeu

Ai, tog, al weer!

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles