Gansbaai Posduifklub se 2016 Kampioen, Norman Stevens (Jnr), het met sy oorwinning in die Ope Wedvlug vanaf Laingsburg stukrag aan Atman Wildschut se waarskuwing van verlede week verleen: “Pasop, ons kampioen, Norman Stevens (Jnr) is stewig op pad terug!”
Atman vertel dat hulle elke week 2 wedvlugte reël: ‘n Jong Duiwe wedvlug en ‘n Ope wedvlug vir duiwe 1 jaar en ouer.
Verlede week was dit weer die Laingsburg wedvlugte met die duiwe wat in mooi weer losgelaat is. Met geen wind nie, het hulle die tog na Gansbaai aangepak. Die eerste Jong Duif is om 13:07 deur JJ Swart geklok - hy het die 200km vanaf Laingsburg in 3 ure, 7 minute afgelê. Die eerste Ope Duif in Gansbaai was diè van Norman Stevens (Jnr).
Ons volgende wedvlug is vanaf Leeu Gamka, wat nog 116km verder as Laingsburg is,” sê Atman.
Die Laingsburg uitslae was soos volg:
Jong Duiwe
JJ Swart 1ste, 7de, 8ste, 19de.
C Kruger 2de, 4de, 16de.
P Saal 3de, 17de.
N Stevens (Jnr) 5de, 11de, 14de, 18de.
A Leonard 6de, 10de.
A Wildschut 9de.
L Fourie 12de.
A Voster 13de, 15de, 20ste.
Ope Duiwe
N Stevens (Jnr) 1ste, 2de, 4de, 7de, 14de.
P Saal 3de.
L Fourie 5de.
A Leonard 6de, 9de, 13de, 19de.
N Stevens (Snr) 8ste.
H Hitge 10de, 17de, 18de, 20ste.
C Kruger 11de.
A Voster 12de.
JJ Swart 15de, 16de.