Internasionale kompetisie wag

Internasionale kompetisie wag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Academia se Marimba Orkeslede is genooi om op 29 en 30 Julie vanjaar aan die International Marimba and Steelpan Festival in Boksburg, Gauteng deel te neem.

Die orkeslede gaan teen 250 orkeste en meer as 2 500 deelnemers kompeteer.

“Ons sien baie daarna uit om hierdie leerders na plekke te neem wat hulle nog nooit gesien het nie en hulle opgewondenheid druk warm op almal se harte,” vertel Rialet Marais, orkesafrigter.

‘n Toer soos hierdie bring hoë kostes mee. Rialet het via Gansbaai Academia ‘n amptelike skrywe aan Gansbaai se sakelui en individue gestuur in ‘n poging om fondse vir die toer in te samel.

Geskiedenis

Gansbaai se gewilde Marimba Orkes is in 2013 deur Dion du Toit, ‘n onderwyser van Gansbaai Primêr, gestig.

Die destydse Onderwys Kringbestuurder van Overberg, Wendy Collyn, was behulpsaam met ‘n borgskap van ±R65,000 vir die aankoop van instrumente en die orkes het onder leiding van Dion van krag tot krag gegroei.

Die laerskool Marimbas spog ook met ‘n verskeidenheid van openbare optredes soos by troues, funksies, Grootbos Natuurreservaat en I&J Perlemoenplaas, asook ‘n goud+ toekenning tydens ‘n Eisteddfod kompetisie.

Gansbaai Academia

Met die oorskakeling van die graad 7’s na Gansbaai Academia het Rialet Marais in 2014 Gansbaai Academia se Marimba Orkes gestig - met slegs 4 leerders wat net 5 liedere kon speel. Onder Rialet se leiding het die orkes ook daar van krag tot krag gegroei. Verskeie optredes het gevolg, soos funksies, kerkbasaars, Funky Fynbosfees en andere. “Die orkes het baie goed gedoen gedurende die afgelope 2 jaar tydens Eisteddfod kompetisies en is altwee jare met goue toekennings beloon,” vertel Rialet. Toehoorders tydens optredes verwys gereeld na die orkeslede se goeie maniere, beleefdheid en vriendelikheid.

Belangstellendes wat graag ‘n bydrae tot die hoë kostes van deelname aan die Internasionale Marimbafees wil lewer, kan vir Rialet Marais by 072 123 0660 skakel.

Internasionale kompetisie wag

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles