Vroetelkombersies vir Alzheimerlyers

Vroetelkombersies vir Alzheimerlyers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Alzheimerlyers is bekend daarvoor dat hulle graag met hul hande vroetel. Dit het sowat 8 van Overberg Kwiltersgilde se dames laat besluit om “vroetelkombersies” vir die winter te maak, wat deur Alzheimerlyers gebruik kan word. ‘n Verskeidenheid van wol- en sagte items, selfs klein teddiebeertjies, word stewig op die kombersies vasgewerk. Terselfdertyd word katoenmateriaal vir die bokant en flenniemateriaal vir die onderkant gebruik sodat dit lekker warm kan wees. “Hierdie verskeidenheid van sagte items in helder kleure, is dan items waarmee Alzheimerlyers kan ‘speel’, aangesien dit aanloklik lyk en sag, maar duidelik voelbaar is,” vertel Yvonne Joubert van die gilde. Overberg Kwiltersgilde pak jaarliks ‘n liefdadigheidsprojek aan, wat gewoonlik ‘n groot kwiltwerk is wat uitgeloot word vir fondsinsameling ten bate van ‘n liefdadigheidsorganisasie.

“Vanjaar het ons besluit om iets anders te doen en net die dames wat wou, het ingeskakel by die groepie wat die kombersies wou maak,” het Yvonne gesê. Enkele van hierdie “vroetelkombersies” word, waar nodig, in Gansbaai uitgedeel, maar die res word almal aan Lettie Theron Tehuis vir Bejaardes se Alzheimer-afdeling geskenk om dit oordeelkundig te versprei.

Vroetelkombersies vir Alzheimerlyers

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles