Fikse Alec Kitley bereik 80ste mylpaal

Fikse Alec Kitley bereik 80ste mylpaal

Gansbaai Courant

Om die lewensmylpaal van 80 te bereik, is vir baie mense ‘n voorreg, maar om boonop steeds fiks en aktief in die gemeenskap te wees, is ‘n voorreg vir minder mense. Een van hierdie bevoorregte mense is Alec Kitley van De Kelders.

Alec is op 25 Junie 1937 in Caledon gebore, maar het in 1942 saam met sy ouers na Parow, Kaapstad verhuis. In 1955 sluit hy by die Lugmag Gimnasium aan en kwalifiseer homself in die Suid-Afrikaanse Lugmag as vliegtuigtegnikus. Hy verwerf die Nasionale Diploma: Tegnologie in 1966, met verskeie offisierskursusse gedurende sy loopbaan tot by die rang van volle Kolonel: Ingenieur Tegniese Dienste, met vliegtuie as sy spesialisgebied.

Onder andere het Alec ook diens gedoen in Angola, Mosambiek, Rhodesië en in die volle lengte van die gevaarlike Caprivi Streek tydens die destydse grensoorloë.

In September 1992 tree Alec af, ná bykans 40 Lugmagjare.

Alec was reeds as jongmens  "sportmal", veral oor krieket, rugby, boog- en pistoolskiet. In 1972 verower hy 'n silwer medalje in die Lugmag Boogskut Kampioenskappe.   Hy was ook lid van die Suid-Afrikaanse Spele in 1973 in Pretoria en in 1990 word hy tot president van die Suid-Afrikaanse Boogskut Assosiasie verkies. Alec het ook as bestuurder opgetree van die Suid-Afrikaanse Boogskutspanne na die Boogskut Wêreld Kampioenskappe in Indonesia, Kanada en Frankryk.

Gedurende 1985, sowat 32 jaar gelede, tree Alec met Glenda, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, op 14 Desember 1985 in Pretoria in die huwelik.

Na sy aftrede kom vestig die egpaar hulle in De Kelders. Hier betree die egpaar ‘n bedrywige gemeenskapslewe en van aftree-rustigheid was daar geen sprake nie.

Alec het oor vele jare heen diep spore in Gansbaai se gemeenskap getrap en op verskeie komitees gedien, waarvan die meerderheid as voorsitter: Fees van die Ganse, De Kelders Belastingbetalersvereniging, Munisipale Wykskomitees, Gansbaai Pistool- en Boogskietklub en  meer.

Op 10 Februarie 1994 stig Alec Gansbaai Pistoolskietklub en dien tot op hede as voorsitter. Hy stig ook ‘n boogskietklub wat hy later jare aan Raymond Ferreira oorhandig om mee aan te gaan. Alec dien ook steeds op die De Kelders Belastingbetalersvereniging.

Ondanks enkele gesondheidsterugslae gedurende die afgelope jaar of twee, verkeer Alec tans in goeie gesondheid en is hy steeds aktief in die gemeenskap betrokke.

Fikse Alec Kitley bereik 80ste mylpaal

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles