Fikse Alec Kitley bereik 80ste mylpaal

Fikse Alec Kitley bereik 80ste mylpaal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Om die lewensmylpaal van 80 te bereik, is vir baie mense ‘n voorreg, maar om boonop steeds fiks en aktief in die gemeenskap te wees, is ‘n voorreg vir minder mense. Een van hierdie bevoorregte mense is Alec Kitley van De Kelders.

Alec is op 25 Junie 1937 in Caledon gebore, maar het in 1942 saam met sy ouers na Parow, Kaapstad verhuis. In 1955 sluit hy by die Lugmag Gimnasium aan en kwalifiseer homself in die Suid-Afrikaanse Lugmag as vliegtuigtegnikus. Hy verwerf die Nasionale Diploma: Tegnologie in 1966, met verskeie offisierskursusse gedurende sy loopbaan tot by die rang van volle Kolonel: Ingenieur Tegniese Dienste, met vliegtuie as sy spesialisgebied.

Onder andere het Alec ook diens gedoen in Angola, Mosambiek, Rhodesië en in die volle lengte van die gevaarlike Caprivi Streek tydens die destydse grensoorloë.

In September 1992 tree Alec af, ná bykans 40 Lugmagjare.

Alec was reeds as jongmens  "sportmal", veral oor krieket, rugby, boog- en pistoolskiet. In 1972 verower hy 'n silwer medalje in die Lugmag Boogskut Kampioenskappe.   Hy was ook lid van die Suid-Afrikaanse Spele in 1973 in Pretoria en in 1990 word hy tot president van die Suid-Afrikaanse Boogskut Assosiasie verkies. Alec het ook as bestuurder opgetree van die Suid-Afrikaanse Boogskutspanne na die Boogskut Wêreld Kampioenskappe in Indonesia, Kanada en Frankryk.

Gedurende 1985, sowat 32 jaar gelede, tree Alec met Glenda, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, op 14 Desember 1985 in Pretoria in die huwelik.

Na sy aftrede kom vestig die egpaar hulle in De Kelders. Hier betree die egpaar ‘n bedrywige gemeenskapslewe en van aftree-rustigheid was daar geen sprake nie.

Alec het oor vele jare heen diep spore in Gansbaai se gemeenskap getrap en op verskeie komitees gedien, waarvan die meerderheid as voorsitter: Fees van die Ganse, De Kelders Belastingbetalersvereniging, Munisipale Wykskomitees, Gansbaai Pistool- en Boogskietklub en  meer.

Op 10 Februarie 1994 stig Alec Gansbaai Pistoolskietklub en dien tot op hede as voorsitter. Hy stig ook ‘n boogskietklub wat hy later jare aan Raymond Ferreira oorhandig om mee aan te gaan. Alec dien ook steeds op die De Kelders Belastingbetalersvereniging.

Ondanks enkele gesondheidsterugslae gedurende die afgelope jaar of twee, verkeer Alec tans in goeie gesondheid en is hy steeds aktief in die gemeenskap betrokke.

Fikse Alec Kitley bereik 80ste mylpaal

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles