Dassiegat

Dassiegat

Gansbaai Courant

Sommer hier by ons, regoor die Kelders. Praat van hierdie plek en jy sien snoek - dis nou te sê wanneer hulle besluit om op te daag. Teen die tyd dat die gewone (normale?) ouens wakker skrik, het die manne wat weet wanneer om te begin soek, en nog belangriker, wie om te vra, reeds ingeklim onder hulle. Ek gaan tog so ‘n ligte glipsie maak en net meld dat die “trawler”-manne normaalweg die eerste is om van die teenwoordigheid van die snoeke bewus te wees. Dit gebeur gewoonlik wanneer hulle besig is om hulle alledaagse taak te verrig en dan die snoek gewaar. Dis nou, vir die wat weet hiervan, een manier om ingelig te bly. Ons ander manne moet maar die see dophou en hoop, soos op die oomblik, dat die wilde water en regte winde die nodige resultate sal lewer. Dis in elk geval ‘n storie met die snoekvangery, want daar is sommer baie faktore om in gedagte te hou, veral wanneer Dassiegat in die prentjie kom.

Hierdie plek lê redelik wyd, sodat jy maar moet rondval om die vis raak te gooi. Somtyds is dit ‘n vals alarm en lê jy verniet en wag vir die groot vangs. Dan kan jy gewoonlik knorhane vang dat die byle huil. Dis ook normaalweg al ander vis wat jy gaan kry. Dit weer, gee jou die idee hoe die bodem  lyk. Dis welbekend dat hierdie visse op ‘n sandbodem wei.

Waar die naam Dassiegat vandaan kom is vir my onbekend. Nog nooit ‘n dassie daar gevang nie!

Ja, somtyds lê jy tot vervelens daar en niemand vang ‘n snoek nie.

Maar oppas, wanneer die ou groot bulle (bokwaens) besluit om aan die byt te gaan, moet jy jou ding ken. Dis dan ook die beginner se kans om sy eerste snoek te vang. Dis juis in hierdie omstandighede dat jy net moet sorg dat jou lyn in die water is en sonder veel ondervinding of spesiale lepels of goed gaan die kuns wees om hierdie wille wragtig-visse in die boot te kry. Maar as dit lol moet jy maar dophou watter tegnieke werk. Dan word elke tegniek ‘n kuns wat bemeester moet word. En die nekbrekery! Iets wat die beginner eers moet leer en oorkom, en dán kan hy begin spog! Nogal iets om waar te neem hoe die ervare manne saamwerk om die vis na bo te lok wanneer daar dan met anderse gereedskap gevang word.

Die handbeweging hier by ons verskil, want daar word nie so baie van die rukbe-weging gebruik gemaak  nie. Ek wil die beginner wat kans sien vir hierdie vangery aanbeveel om iemand ervare saam met hom te hê en die man dan dop te hou, en te leer! Dis ‘n ondervinding om vir altyd te onthou.

Kom ons wag die kans af, dan kan ons praat. Oë en ore oop.

Groete, Seemeeu

Dassiegat

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles