Dassiegat

Dassiegat

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sommer hier by ons, regoor die Kelders. Praat van hierdie plek en jy sien snoek - dis nou te sê wanneer hulle besluit om op te daag. Teen die tyd dat die gewone (normale?) ouens wakker skrik, het die manne wat weet wanneer om te begin soek, en nog belangriker, wie om te vra, reeds ingeklim onder hulle. Ek gaan tog so ‘n ligte glipsie maak en net meld dat die “trawler”-manne normaalweg die eerste is om van die teenwoordigheid van die snoeke bewus te wees. Dit gebeur gewoonlik wanneer hulle besig is om hulle alledaagse taak te verrig en dan die snoek gewaar. Dis nou, vir die wat weet hiervan, een manier om ingelig te bly. Ons ander manne moet maar die see dophou en hoop, soos op die oomblik, dat die wilde water en regte winde die nodige resultate sal lewer. Dis in elk geval ‘n storie met die snoekvangery, want daar is sommer baie faktore om in gedagte te hou, veral wanneer Dassiegat in die prentjie kom.

Hierdie plek lê redelik wyd, sodat jy maar moet rondval om die vis raak te gooi. Somtyds is dit ‘n vals alarm en lê jy verniet en wag vir die groot vangs. Dan kan jy gewoonlik knorhane vang dat die byle huil. Dis ook normaalweg al ander vis wat jy gaan kry. Dit weer, gee jou die idee hoe die bodem  lyk. Dis welbekend dat hierdie visse op ‘n sandbodem wei.

Waar die naam Dassiegat vandaan kom is vir my onbekend. Nog nooit ‘n dassie daar gevang nie!

Ja, somtyds lê jy tot vervelens daar en niemand vang ‘n snoek nie.

Maar oppas, wanneer die ou groot bulle (bokwaens) besluit om aan die byt te gaan, moet jy jou ding ken. Dis dan ook die beginner se kans om sy eerste snoek te vang. Dis juis in hierdie omstandighede dat jy net moet sorg dat jou lyn in die water is en sonder veel ondervinding of spesiale lepels of goed gaan die kuns wees om hierdie wille wragtig-visse in die boot te kry. Maar as dit lol moet jy maar dophou watter tegnieke werk. Dan word elke tegniek ‘n kuns wat bemeester moet word. En die nekbrekery! Iets wat die beginner eers moet leer en oorkom, en dán kan hy begin spog! Nogal iets om waar te neem hoe die ervare manne saamwerk om die vis na bo te lok wanneer daar dan met anderse gereedskap gevang word.

Die handbeweging hier by ons verskil, want daar word nie so baie van die rukbe-weging gebruik gemaak  nie. Ek wil die beginner wat kans sien vir hierdie vangery aanbeveel om iemand ervare saam met hom te hê en die man dan dop te hou, en te leer! Dis ‘n ondervinding om vir altyd te onthou.

Kom ons wag die kans af, dan kan ons praat. Oë en ore oop.

Groete, Seemeeu

Dassiegat

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles