Geskarrel is nou agter die rug

Geskarrel is nou agter die rug

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Atman Wildschut van Gansbaai Posduifklub vertel dat die seisoen aanbeweeg en die manne is stadig maar seker besig om op hul voete te kom.

“Die geskarrel van die eerste wedvlugte is agter die rug,” sê Atman. “Verlede week het ons Leeu Gamka gevlieg en soos ek gesê het, nog 116km verder en ons is nog op die kort pad, maar die pad raak stadig maar seker langer.

Die duiwe is om 09:30 te Leeu Gamka in mooi weer losgelaat. Met geen wind van voor, het die duiwe vinnig die pad na Gansbaai gevat. Die eerste duif is om 13:31 geklok.

“Dit is nou al ‘n hele paar jaar wat ek met die duiwe-sport aankom en vreemde karakters word in diè sportsoort ontmoet,” sê Atman. “Daarom het ek besluit om vir julle ‘n gedig te skryf.

Die Duiwe-boer

Op Gansbaai word daar duif gevlieg

Daar word gebrêk, gespog, maar ook gelieg

Van more vroeg tot baie laat

word daar net van duiwe gepraat

Met die mond word baie wenne gevlieg

Maar die klok sal wys of jy weer lieg

Oor duiwerasse word daar baie gepraat

Dis superduiwe, maar jy klok nog laat

Ludo Claassen, Tom Lock, Opel Blue en Turbo Tom

As almal tog net mooi wil kom

Die duiwe met die no name brand

Hul staan as daksitters hier bekend

Oor daksitters word so baie gespot

Maar Saterdag is hy tog in die klok

Die Champ het Saterdag weer gewen

Is hier dan niemand wat die ou kan tem

Ek sal die naweek weer probeer

Manne julle almal moet maar keer

Die gedig gee nou sy laaste gees

Ek hoop julle het lekker saam gelees

 Die Leeu Gamka uitslae was soos volg:

Jong Duiwe

A Voster 1ste, 13de.

N Stevens (Jnr) 2de, 7de, 10de.

C Kruger 3de, 9de, 14de, 16de, 17de.

L Fourie 4de, 5de.

A Leonard 6de, 12de, 18de, 20ste.

JJ Swart 8ste, 15de.

P Saal 11de.

H Hitge 19de.

Ope Duiwe

N Stevens (Jnr) 1ste, 2de, 3de, 8ste, 14de, 19de, 20ste.

L Fourie 4de, 6de, 11de.

A Wildschut 5de.

JJ Swart 7de, 12de, 13de.

C Kruger 9de.

H Hitge 10de, 15de.

A Leonard 16de.

P Saal 17de.

N Stevens (Snr) 18de.

Geskarrel is nou agter die rug

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles