Rooi vis en snoek byt al te lekker

Die Birkenhead Boothengelaars het goed onder die rooi vis (rooi stompe en rooi romans) tydens Saterdag, 1 Julie 2017 se boothengelkompetisie gevang.

‘n Pragtige “verdwaalde” snoek van 3.4kg is ook ingetrek, asook silwervisse en hangbergers (“hotties”). 

Net 3 bote het ingeskryf en ingeweeg, met ‘n aantal bemanning van 10, waarby 1 junior ingesluit was.

‘n Totaal van 51 visse (7 spesies) is ingeweeg, met ‘n totale massa van 47.13kg, wat ‘n gemiddeld van 4.713kg per hengelaar beteken.

Die volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Piet le Roux (snoek, 3.4kg); 2de swaarste vis, Leon Lombard (rooi roman, 2.3kg); swaarste sak (8.4kg), Leon Lombard; 2de swaarste sak (8.0kg), Piet le Roux; swaarste bootgemiddeld (6.08kg), Oupa van Ben Uys; 2de swaarste bootgemiddeld (5.98kg), Bella Me van Bev Swart; Junior swaarste sak (4.75kg), Hennie Groenewald.

Hierdie kompetisie was die 8ste boothengelkompetisie vir 2017 en die eerste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Oupa (40.14kg) van Ben Uys, Relêks 2 (26.06kg) van Jean Downing, Bella Me (22.26kg) van Bev Swart; Visvangkampioene - Ben Uys (42.35kg), Danie Fourie (40.80kg), Jean Downing (31.80); Junior Visvangkampioene - Hennie Groenewald (34.45kg), JP Uys (17.00kg).

Die Birkenhead boothengelaars tydens verlede Saterdag se boothengelkompetisie spog almal met ‘n rooi roman, òf ‘n rooi stomp, òf altwee, asook ‘n snoek van 3.4kg (agter, 4de van links). Voor van links Jacques Swanepoel, Hennie Groenewald en Ben Uys. Agter van links Leon Lombard, Bertus Prins, Bev Swart, Piet le Roux, George Roman, Jean Downing en Gavin Engelbrecht.
GansbaaiCourantNew_1500032440