Nóg 'n regmerkie op 70-jaar wenslys

Nóg 'n regmerkie op 70-jaar wenslys

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die suksesvolle grasplantdag wat Maandag, 26 Junie by Gansbaai Primêr in Blompark plaasgevind het, was 'n verdere regmerkie op die skool se “wenslys” vir hul 70ste bestaansjaar.

Die enorme stuk oop grond langs die skoolgebou, so groot soos ‘n rugbyveld, is toegeplant onder gras.

“Dit kan nou as ‘n stoflose speelterrein deur die leerders benut word, asook vir toekomstige sportgronde,” het Neil Pedro, waarnemende skoolhoof  gesê.

“Diè dag kan as ‘n reuse stap in die rigting van die skool se eie sportgronde beskou word, waarna met groot opgewondenheid uitgesien word.”

Die skool beskou dit met groot dankbaarheid teenoor Steyn Muller en Dirkie Kotze van  I&J Perlemoenplaas, asook ander groot rolspelers, as ‘n groot stap in die regte rigting.

Steyn het in sy toespraak gesê borgskappe is altyd ‘n plesier wanneer die doel daarvan in die praktyk gesien word, soos hierdie pragtige grasveld kan getuig.

Nog een van die groot rolspelers in ‘n raadgewende en ondersteunende hoedanigheid, mnr Kat Myburgh van Gansbaai Munisipaliteit, het die nuwe grasveld as ‘n groot aanwins vir die skool beskou, maar het die belangrikheid van toekomstige onderhoud daarvan beklemtoon.

Rdl Riana de Coning het gesê dat sy mnr Tommy Volkwyn, skoolhoof, se ideaal van groot sport- en speelgronde vir die skool lankal ook haar ideaal gemaak het.

Sy het ook na die deurlopende netheid en goeie vordering van Gansbaai Primêr verwys en gesê dit is altyd ‘n riem onder die hart om daar aan te doen.

Maresa de Villiers het die volgende tydens haar spreekbeurt gesê:

“Be grateful for what you have; work hard for what you don’t have; stop complaining; stop wishing; start working!”

Nóg 'n regmerkie op 70-jaar wenslys

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles