Werfpraatjies uit oom Frans se kraal

Werfpraatjies uit oom Frans se kraal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wie onthou nog toenterjare se Landsdiensklubs en daardie lekker kampe? Dit was mos groot pret gewees doerie jare.

André Engelbrecht, skoolhoof van die Paul Greyling Laerskool in Vishoek, het vir SD Fourie gevra om aan’n spannetjie jongelinge stories en interessanthede van ons kontrei te vertel. En was dit ‘n lekker verrassing om te ontdek dit die jongelinge toe eintlik ‘n  Landsdiensklub is. André en drie ander personeellede was vir die week in bevel van die 17 oulike Landsdieners.

Maandag, 19 Junie het oom Jan en tannie SD Fourie van die Strandveldmuseum vir hulle ‘ons werf se stories’ vertel. Daarna is daar weggelê aan SD se lekker dik boontjiesop en Betsie Bester se vetkoeke wat ‘n wenner was.

Met die magies vol, het Mariaan Burger hulle op die Grootmelkhout wandelroete geneem en ‘n bietjie meer vertel van ons streek se fynbos.

Man, dit was nou regtig só lekker om tussen kinders te wees wat vrae vra oor die natuur en nog met verwondering kyk na miere én bome!

Dit was ‘n voorreg om saam met die spannetjie Landsdieners te kon stap.

Mandeladag 2016

“Dit lê in jou hande om van die wêreld ’n beter plek vir almal te maak.“ - Nelson Mandela.

Verlede jaar, as die Franskraalbelastingbetalers- en Inwonersvereniging se Mandeladag bydrae, het die komitee besluit om hul deeltjie te doen en omdat die omgewing na aan hul harte lê, het hulle besluit om Franskraal se mooi stukkie kuslyn skoon te maak. “Ons het selfs al die inwoners van Gansbaai genooi om ons te kom help,” vertel Mariaan Burger. “Die weer wou nie op 18 Julie saamspeel nie, maar op Vrouedag het daar toe ’n hele paar vrywilligers opgedaag om die komitee te help en’n goeie klompie herwinnings- en swartsakke is volgemaak.”

Mandeladag 2017

Met 2016 se sukses wat behaal is, is ‘n groter projek vir 2017 se Mandeladag aangepak.

Vanjaar gaan die komitee op Saterdag, 15 Julie, oorlog verklaar teen die gemorsderduiwel op die Gruis en die komiteelede nooi weer almal met ’n groen hart saam.

Laai jou 4x4 wa vol familie en pêlle, klein en groot, bewapen hulle met handskoene, braaitange, herwinnings- en swartsakke en kom help die komitee met die stryd.

“Nee, ons gaan nie die gemorsderduiwel braai nie,” sê Mariaan. “’n Braaitang is net’n uitstekende optelwapen en pak sommer’n piekniekmandjie vir lekker saamkuier na die tyd en as jy betyds wil wees vir die rugby, kuier jy net korter.”

Die aanvalsmag ontmoet mekaar Saterdag, 15 Julie om 10:00 by die Gruis se ingangshek op die R43.

Om die gemorsderduiwel te verslaan, sal beslis van die wêreld ‘n beter plek maak.

Werfpraatjies uit oom Frans se kraal

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles