Werfpraatjies uit oom Frans se kraal

Werfpraatjies uit oom Frans se kraal

Gansbaai Courant

Wie onthou nog toenterjare se Landsdiensklubs en daardie lekker kampe? Dit was mos groot pret gewees doerie jare.

André Engelbrecht, skoolhoof van die Paul Greyling Laerskool in Vishoek, het vir SD Fourie gevra om aan’n spannetjie jongelinge stories en interessanthede van ons kontrei te vertel. En was dit ‘n lekker verrassing om te ontdek dit die jongelinge toe eintlik ‘n  Landsdiensklub is. André en drie ander personeellede was vir die week in bevel van die 17 oulike Landsdieners.

Maandag, 19 Junie het oom Jan en tannie SD Fourie van die Strandveldmuseum vir hulle ‘ons werf se stories’ vertel. Daarna is daar weggelê aan SD se lekker dik boontjiesop en Betsie Bester se vetkoeke wat ‘n wenner was.

Met die magies vol, het Mariaan Burger hulle op die Grootmelkhout wandelroete geneem en ‘n bietjie meer vertel van ons streek se fynbos.

Man, dit was nou regtig só lekker om tussen kinders te wees wat vrae vra oor die natuur en nog met verwondering kyk na miere én bome!

Dit was ‘n voorreg om saam met die spannetjie Landsdieners te kon stap.

Mandeladag 2016

“Dit lê in jou hande om van die wêreld ’n beter plek vir almal te maak.“ - Nelson Mandela.

Verlede jaar, as die Franskraalbelastingbetalers- en Inwonersvereniging se Mandeladag bydrae, het die komitee besluit om hul deeltjie te doen en omdat die omgewing na aan hul harte lê, het hulle besluit om Franskraal se mooi stukkie kuslyn skoon te maak. “Ons het selfs al die inwoners van Gansbaai genooi om ons te kom help,” vertel Mariaan Burger. “Die weer wou nie op 18 Julie saamspeel nie, maar op Vrouedag het daar toe ’n hele paar vrywilligers opgedaag om die komitee te help en’n goeie klompie herwinnings- en swartsakke is volgemaak.”

Mandeladag 2017

Met 2016 se sukses wat behaal is, is ‘n groter projek vir 2017 se Mandeladag aangepak.

Vanjaar gaan die komitee op Saterdag, 15 Julie, oorlog verklaar teen die gemorsderduiwel op die Gruis en die komiteelede nooi weer almal met ’n groen hart saam.

Laai jou 4x4 wa vol familie en pêlle, klein en groot, bewapen hulle met handskoene, braaitange, herwinnings- en swartsakke en kom help die komitee met die stryd.

“Nee, ons gaan nie die gemorsderduiwel braai nie,” sê Mariaan. “’n Braaitang is net’n uitstekende optelwapen en pak sommer’n piekniekmandjie vir lekker saamkuier na die tyd en as jy betyds wil wees vir die rugby, kuier jy net korter.”

Die aanvalsmag ontmoet mekaar Saterdag, 15 Julie om 10:00 by die Gruis se ingangshek op die R43.

Om die gemorsderduiwel te verslaan, sal beslis van die wêreld ‘n beter plek maak.

Werfpraatjies uit oom Frans se kraal

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles