Joubert se Dam

Joubert se Dam

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

As jy by Kleinbaaihawe wegtrek op pad na Holbaai, lê Joubert se Dam aan jou linkerkant. Dan word die plek nog soort van onderverdeel, want elke ou het sy voordeelplek, vernoem na sy eie beskrywende naam.

Vlakker na die wal is daar ook meer prominente riwwe en op hierdie banke word sommer baie vis gevang en dis juis een van die redes waarom Joubert se Dam so ‘n gunsteling-plek is.

Een of ander tyd gedurende die jaar sal jy ook geelbek êrens raakloop - of roman of PW’s of  hotties en ook steenbras, afhangende van watter vis die dag byt. Dan kan jy ook seker daarvan wees dat buiten hierdie vis een of ander spesie jou gaan verras. Daar is vlak plekke, diep gate, riwwe, banke en waarvoor jy ookal soek. Joubert se Dam sal altyd ‘n goeie keuse wees - en redelik veilig, solank jy nie onnodige kanse waag nie. Jy sal dikwels die haaibote hier gewaar en ‘n haai sal een of ander tyd sy opwagting maak, en dis die groot bulle, hoor. Wanneer jy die vlak plekke opsoek is die haai-bote ‘n aanduiding  waar jy moet gaan lê, sommer baie na aan hulle.

Oppas net, die manne wil ook nie onnodig gepla wees nie, wees maar oordeelkundig.

Wanneer jy op pad is na hierdie plekke is daar ook heelwat ander gate om te oorweeg.

Jy beweeg net Haaiklip verby dan lê Haaisteentjie reg voor jou. En as die tjokka gesig wys kan jy maar hier probeer.

Wynand se Steen is die ander plek wat ook oorweging verdien. Dis waar jy al begin oog gooi oor hoe die water by Joubert se Dam lyk.

Ek weet nie van enige plek waar daar altyd vis byt nie en Joubert se Dam is geen uitsondering nie.

In so ‘n geval kan jy verder gaan na Holbaai, Geelbekgat of Eiland se kant toe, met Die Noorderif wat wag.

So is daar ook ander plekke in die omgewing  om te gaan vang en jy kan maklik jou eie hengelgaatjie vaspen waar jy nog baie genotvolle dae sal deurbring.

Grappie

Die skipper tel ‘n wildvreemde man op om die “crew” vol te maak. Jan, een van die gereelde manne, fluister in die skipper se oor, “Dié kêrel lyk maar rof”. Later die dag probeer die nuwe man water skep met die emmer, verloor sy  balans en foeter die see in. Jan, weer aan die skipper: ”Geweet ons kan die man nie vertrou nie, hy’t jou emmer gesteel!”

Baie groete, Seemeeu

Joubert se Dam

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles