Duiwesport is 'n kuns

Duiwesport is 'n kuns

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Atman Wildschut van Gansbaai Posduifklub vertel hierdie week ‘n bietjie meer oor dié sportsoort:

“Om duiwe te vlieg, moet jy natuurlik ‘n hok en goeie duiwe hê,” vertel hy. “Verder moet jy ook sorg dat jy die regte medisyne het om die duiwe gesond te hou.”

Atman sê dat nie almal dit kan bekostig nie, daarom moet daar altyd ‘n plan in plek wees.

“Om goeie duiwe in die hande te kry, is my wenk om na manne met goeie vliegduiwe te gaan en te vra vir ‘n paar kuikens of selfs ou duiwe wat uitgegooi gaan word.”

Hy voeg by dat belangstellendes selfs vir ‘n paar eiers kan vra wat onder hul eie duiwe gesit kan word om uit te broei. Daar is baie duiweboere wat meer as bereid is om nuwe lede te help en by te staan.

Gesonde duiwe vereis ‘n droë hok wat skoon gehou word en daar moet ook nie te veel duiwe in een hok aangehou word nie.

“Wat medisyne betref, weet ons almal dat dit ‘n duur item is, maar ook daar is goedkoper maniere,” sê At-man. “So byvoorbeeld is daar die kombuis, wat al baie wenduiwe opgelewer het: knoffel, rooi peper, gemmer, borrie, asyn en nog baie meer wat kan help om die duiwesport vir jou interessant en ‘n plesier te maak.”

Atman roep op hierdie noot voorlopig halt, maar sê dat hierdie spasie gerus  dopgehou kan word vir nog wenke.

Die skaaplootjie is op 2 Julie 2017 getrek en die wenner is JS de Jager.

Volgende week is Beaufort-Wes aan die beurt.

Uitslae:

  • Leeu  Gamka se uitslae van 1 Julie 2017:

Jong Duiwe

  • L Fourie 1ste
  • A Leonard 2de, 12de
  • P Saal 3de, 20ste
  • JJ Swart 4de, 8ste
  • N Stevens (Snr) 5de
  • N Stevens (Jnr) 6de, 9de, 14de
  • C Kruger 7de, 10de, 11de, 13de, 15de
  • A Wildschut 16de, 17de, 18de, 19de

Ope Duiwe

  • JJ Swart 1ste, 8ste
  • A Voster 2de
  • N Stevens (Snr) 3de, 15de, 18de, 20ste
  • N Stevens (Jnr) 4de, 7de, 13de, 16de
  • H Hitge 5de, 10de, 19de
  • L Fourie 6de, 12de
  • P Saal 9de, 11de
  • C Kruger 14de
  • A Leonard 17de

Bygedra deur Atman Wildschut

Duiwesport is 'n kuns

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

WHEN KINDNESS BECOMES AN INVITATION TO BE TAKEN FOR GRANTED

WHEN KINDNESS BECOMES AN INVITATION TO BE TAKEN FOR GRANTED

Last week, we explored how many people spend their lives searching for recognition...

Meet Patch - Looking for His Forever Home!

Meet Patch - Looking for His Forever Home!

Patch was brought to BARC as a stray (although we think he may have rescued himself!).

BARC Animal Welfare
SINGO BINGO IS BACK AT THE BOATHOUSE!

SINGO BINGO IS BACK AT THE BOATHOUSE!

Think you know your music? Then it's time to put your ears to the test at our exciting Singo Bingo Night!

Stoep Enclosure Completed with Bronze Aluminium Elite Sliding Windows

Stoep Enclosure Completed with Bronze Aluminium Elite Sliding Windows

A well-designed stoep adds real value to a home, but open spaces are not always practical in changing weather conditions.

Payment Dates for the Financial Year

Payment Dates for the Financial Year

Payment Dates for the Financial Year.

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles