Trudie du Plooy (77) van Melkhoutpark in De Kelders se suster, Rita Engelbrecht (80) van Nelspruit, Mpumalanga, kan beslis as die “weldoenersuster” van Trudie beskryf word.
Rita, wat in Februarie vanjaar 80 geword het, het ‘n vorige keer sowat 40 mussies in Nelspruit gebrei en aan haar suster gestuur wat dit uitgedeel het waar die nood groot is.
Het einde was dit egter nie vir Rita nie.
Sy het aanhou met brei en het onlangs weer 90+ mussies na sus Trudie gestuur.
“My suster brei al die mussies op haar eie en sê sy voel dankbaar om dit vir so ‘n goeie doel aan my te stuur waar die winternood groot is,” vertel Trudie. “Ek glo dat sy, as 80-jarige, ‘n voorbeeld aan Gansbaaiers stel om soortgelyke liefdestake in Gansbaai te doen om die winternood te verlig.”