Van Stadens vier ‘n 90-jaar fees

Van Stadens vier ‘n 90-jaar fees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

17 Gansbaaiers, 2 kleinkinders van Qatar, 2 Ierlanders, 11 Pretorianers, 1 suster van Warmbad (Modimolle) en 5 Langebaners het die afgelope naweek hul ma, ouma en oumagrootjie se 90ste verjaardag in ‘n yskoue, winderige Gansbaai kom vier.

Niks kon egter die vreugde demp vir hierdie familie wat steeds die voorreg het om hul ma by hulle te hê nie.

Ouma Lida sê: “Dit is ‘n groot dag in my lewe wat alleen moontlik gemaak is deur die liewe Heer se onbeskryflike groot genade.  Hy waak elke dag oor my.  Sy liefde is rondom my en Sy arms altyd onder my.”

Ouma Lida stap ook reeds ‘n lang pad met Deon en Linda Kloppers van die o.m.G.e.e. Gemeente in Gansbaai.  Deon was die Hervormde Kerk leraar toe Lida en haar oorlede man, Tienie nog in Groblersdal gewoon het.

Tienie en Lida van Staden was ‘n geliefde egpaar van dié dorp waar hulle vanaf 1965 tot 1997 gewoon het.

Hulle was nóú betrokke by hulle gemeenskap waar hulle ‘n baie suksesvolle boumateriaalonderneming bedryf het, nl Loskop Verf & Hardeware.

Tienie en Lida was ook kranige rolbalspelers en op hul tyd albei presidente van die Groblersdal Rolbalklub, waar hulle ook betrokke was by die bou van die klubhuis.

Die egpaar was albei op die bestuur van die plaaslike noodhulpliga, vir wie Tienie ook ‘n ambulans geskenk het.

Hulle was ‘n tyd lank Groblersdal se burgemeesterspaar en op die bestuur van die Groblersdal Afrikaanse Sakekamer.

Tienie was ook ‘n kranige boot- en diepseehengelaar by die SENTSKI hengelklub.

Die egpaar het ‘n vol en besige lewe gelei.  Tienie is op 87-jarige ouderdom in die gedenkakker van Nylstroom begrawe en die egpaar was 64 jaar lank getroud.

Lida woon die afgelope 2 jaar in Pierre van Ryneveldpark in Pretoria saam met haar kinders, Gawie en Riette Rossouw.

Sy het besluit om hierdie besondere verjaardag in Gansbaai te vier aangesien die meeste van haar nasate nou hier woon.

Van Stadens vier ‘n 90-jaar fees

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles